Old Wisdom: The Highly Relevant Lexicographical Knowledge Obtainable from a Specialized Dictionary from 1774

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, South Africa and Centre for Lexicography, Aarhus University, Aarhus, Denmark
Trefwoorden: leksikografie, historiese leksikografie, funksieteorie, ope­ra­tiewe funksies, kognitiewe funksies, ekonomiewoordeboeke, inter­dis­si­pli­nÊre roeping van die leksikografie, inligtingsgereedskap

Samenvatting

Ou wysheid: Die hoogs tersaaklike leksikografiese kennis bekom­baar uit 'n gespesialiseerde woordeboek uit 1774. Daar is min twyfel dat die lek­sikografie belangrike vooruitgang deur die jare ondergaan het, veral wanneer 'n mens lek­si­kografiese werke uit die verskillende eeue vergelyk. Geskiedenis moet egter nie gesien word as 'n steeds groeiende vooruitgang nie, maar as 'n proses met sy wisselvallighede. In dié opsig is som­mige ou leksikografiese werke, veral uit die Eeu van Verligting, in sommige aspekte uiters gevor­derd, selfs vergeleke met die hedendaagse woordeboeke. Malachy Postlethwayt se Universal Dic­tion­ary of Trade and Commerce van 1774 is een so 'n voorbeeld. Die artikel verskaf 'n algemene bekend­stelling van hierdie seldsame en interessante woordeboek wat in verskillende uitgawes in die 18de eeu gepubliseer is. Die bekendstelling sluit 'n uitvoerige beskrywing van die doel, funk­sies, struktuur en inhoud van hierdie indrukwekkende werk in. Die artikel fokus daarna op sy kog­ni­tiewe en operatiewe funksies, en die manier waarop hulle in een en dieselfde naslaanwerk geïnte­greer is. Op grond hiervan toon die artikel hoe die moderne leksikografie vroeëre ervaring kan gebruik om aan die werklike en praktiese behoeftes van hedendaagse gebruikers te voldoen.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Tarp, S. (2013). Old Wisdom: The Highly Relevant Lexicographical Knowledge Obtainable from a Specialized Dictionary from 1774. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1221
Sectie
Artikels/Articles