IsiXhosa Lexicography: Past, Present and Future

  • Dion Nkomo School of Languages — African Language Studies Section, Rhodes University, Grahamstown, South Africa
  • Zola Wababa IsiXhosa National Lexicography Unit, University of Fort Hare, Alice, South Africa; and School of Languages — African Language Studies Section, Rhodes University, Grahamstown, South Africa
Trefwoorden: isixhosaleksikografie, isixhosawoordeboeke, xhosawoor­de­boek­projek, nasionale leksikografie-eenhede, isixhosa- nasionale leksi­ko­grafie-eenheid, nasionale woordeboek, suid-afrikaanse leksiko­gra­fie, navorsingsgebaseerde leksikografie, woordeboekkultuu

Samenvatting

IsiXhosaleksikografie: Verlede, hede en toekoms.Hierdie artikel bied 'n panoramiese en kritiese oorsig van die isiXhosaleksikografie en die invloed daarvan op die intel­lek­tualisering van hierdie inheemse Suid-Afrikaanse taal. Die geskiedenis van die isiXhosa­leksi­kografie strek vir meer as twee eeue terug. Daar bestaan egter steeds 'n behoefte aan woorde­boeke wat die taalsprekende gemeenskap dien as praktiese gereedskap om te voorsien in uiteen­lopende kommunikasie- en leer-georiënteerde behoeftes in die huidige taalbeleidsbedeling. Die isi­Xhosa- Nasionale Leksikografie-eenheid (XNLE) werk tans aan projekte wat probeer om hierdie situa­sie aan te spreek, maar terselfdertyd nie die mandaat uit die oog te verloor wat die Pan- Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) op al die Nasionale Leksikografie-eenhede (NLE's) geplaas het nie. Om dit te bewerkstellig, voer die artikel aan dat die NLE's hierdie leksikografiese praktyk in his­to­riese perspektief moet plaas, d.w.s. deur woordeboekprojekte in die lig van bestaande woorde­boeke en leksikografiese tradisies in die taal te beplan. Bo en behalwe dit is dit nodig om die onlangse ontwikkelinge in leksikografiese navorsing in ag te neem, koöperatiewe leksikografiese prak­tyk te aanvaar en 'n woordeboekkultuur onder die isiXhosasprekende gemeenskap te ont­wikkel.Sleutelwoorde: isixhosaleksikografie, isixhosawoordeboeke, xhosawoor­de­boek­projek, nasionale leksikografie-eenhede, isixhosa- nasionale leksi­ko­grafie-eenheid, nasionale woordeboek, suid-afrikaanse leksiko­gra­fie, navorsingsgebaseerde leksikografie, woordeboekkultuur
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Nkomo, D., & Wababa, Z. (2013). IsiXhosa Lexicography: Past, Present and Future. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1219
Sectie
Artikels/Articles