Development in Lexicography: From Polyfunctional to Monofunctional Accounting Dictionaries

  • Sandro Nielsen Centre for Lexicography, Aarhus University, Aarhus, Denmark and International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Valladolid, Spain
  • Pedro A. Fuertes-Olivera International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Valladolid, Spain
Trefwoorden: gespesialiseerde leksikografie, funksieteorie, polifunk­sio­nele woordeboek, monofunksionele woordeboek, rekeningkundige woor­deboeke, inligtingswerktuie, leksikografiese inligtingskoste, aan­lyn woordeboek, elektroniese leksikografie, internet, betekenis

Samenvatting

Ontwikkeling in die leksikografie: Van polifunksionele tot mono­funksionele rekenkundige woordeboeke.Hierdie artikel beskryf sowel die teo­re­tiese grondslag van die rekenkundige woordeboeke as die praktiese resultate daarvan. Verder het die implementering van die projek getoon hoe die voortdurende wisselwerking van leksiko­gra­fiese teorie met praktiese woordeboekwerk oor 'n tydperk van 10 jaar gelei het tot leksikografiese ont­wikkeling en wysiging wat voortdurende aanpassings aan die woordeboeke en hul teoretiese grond­slag tot gevolg gehad het. Dit word geïllustreer deur te let op die oorgang van poli­funk­sionele na monofunksionele woordeboeke in 'n poging om hulp te verleen in verskeie soorte gebruik­situasies, gewoonlik in kommunikatiewe situasies, bv. wanneer Engelse, Deense of Spaanse rekenkundige tekste gelees, geskryf of vertaal word, of in kognitiewe situasies, d.i. wanneer gebruikers meer wil weet oor rekenkundige aangeleenthede of rekenkundige taal. Die artikel toon ook dat die skepping van hierdie projek e-leksikografie met die kennis-gebaseerde ekonomie ver­bind. Leksikograwe werk in die wolk deur fisies duisende kilometers van mekaar te wees; hulle werk met kundiges in die rekeningkunde, databasisse en die Internet met die doel om 'n hoë­druk­gehaltewerktuig te bou en aan te pas met 'n relatief lae inligtingskoste vir gebruikers. Ten slotte toon hierdie artikel dat die toekoms van die leksikografie lê in die ontwerp, bou en aanpassing van inligtingswerktuie wat nie net die ware aard van die leksikografie in aanmerking neem nie, maar ook die moontlikhede van die Internet en sy tegnologieë, soos die voorstanders van die Funk­sie­teorie van die Leksikografie op 'n gereelde basis doen.Sleutelwoorde: gespesialiseerde leksikografie, funksieteorie, polifunk­sio­nele woordeboek, monofunksionele woordeboek, rekeningkundige woor­deboeke, inligtingswerktuie, leksikografiese inligtingskoste, aan­lyn woordeboek, elektroniese leksikografie, internet, betekenis, skryf, ver­taling, kennis, deens, engels, spaans
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Nielsen, S., & Fuertes-Olivera, P. A. (2013). Development in Lexicography: From Polyfunctional to Monofunctional Accounting Dictionaries. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1218
Sectie
Artikels/Articles