A Balanced and Representative Corpus: The Effects of Strict Corpus-based Dictionary Compilation in Sesotho sa Leboa

  • V.M. Mojela Sesotho sa Leboa National Lexicography Unit, University of Limpopo, Turfloop Campus, Polokwane, South Africa
Trefwoorden: korpus, gebalanseerde korpus, verteenwoordigende kor­pus, standaardisasie, dialek, ortografie, gemarginaliseerde dialekte, pres­tige­dialekte, sendelingaktiwiteite

Samenvatting

'n Gebalanseerde en verteenwoordigende korpus: Die gevolge van streng korpusgebaseerde woordeboeksamestelling in Sesotho sa Leboa. Teoreties bestaan die Noord-Sotho taal uit byna 30 dialekte, terwyl dit prakties nie die geval is nie omdat die standaardtaal uit slegs 'n paar van sy dialekte gevorm is. Gevolglik het die taal selfs vandag nog geen korpus wat gebalanseerd of verteenwoordigend is nie as gevolg van die feit dat byna al die beskikbare korpusse saamgestel is uit die geskrewe standaardtaal en die geskrewe dialekte. Die meerderheid Noord-Sotho dialekte het nie geskrewe ortografieë nie, en die paar dialekte wat geskrewe ortografieë gehad het voor standaardisasie het begin om die stan­daard­taal en die Noord-Sotho korpusse te monopoliseer. Die samestelling van 'n korpusgebaseerde woor­de­boek kom gevolglik neer op 'n voortsetting van die totstandbrenging van ongebalanseerde en onverteenwoordigende woordeboeke wat voortgaan om die meerderheid van die gemeen­skappe en taalvariëteite opsy te skuif en te marginaliseer wat potensieel sowel die Noord-Sotho stan­daardtaal as die Noord-Sotho korpusse kan verryk. Die hoofdoel met hierdie navorsing is om maniere te ondersoek, uit te wys en voor te stel om hierdie ongelykhede reg te stel sodat die gemar­ginaliseerde Noord-Sotho dialekte in die standaardtaal ondergebring kan word. Dit sal van­self­sprekend die grootte van die Noord-Sotho standaardtaal en korpus met meer as 50% ver­meer­der.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Mojela, V. (2013). A Balanced and Representative Corpus: The Effects of Strict Corpus-based Dictionary Compilation in Sesotho sa Leboa. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1216
Sectie
Artikels/Articles