<i>Birds of a Feather</i> Don't Always <i>Flock Together</i>: User Problems in Identifying Headwords in Online English Learner's Dictionaries

  • Julia Miller School of Education, University of Adelaide, Australia
Trefwoorden: engels as addisionele taal, woordeboek, aanlyn, tref­woord, fra­seem

Samenvatting

Birds of a Feather Don't Always Flock Together: Gebruikers­probleme by die identifikasie van trefwoorde in aanlyn Engelse aanleer­ders­woordeboeke.Idiome, segswyses en spreekwoorde (hier na verwys as 'fraseme') vorm 'n sen­trale deel van die Engelse taal. Dit is egter dikwels moeilik vir aanleerders van Engels as 'n Addi­sio­nele Taal (EAT) om die regte trefwoord te kies wanneer daar na uitdrukkings in 'n woor­de­boek gesoek word. Aanleerders kan dalk nie 'n woord herken as behorende tot 'n fraseem nie, en kan der­halwe nie onder een enkele 'belangrike' woord kyk nie. Meer nog, hulle keuse van 'n opval­lende woord kan nie ooreenstem met dié van die leksikograaf nie. Derdens, hulle kan dalk nie fra­seem­variante, soos carry/take coals to Newcastle, herken nie. Hulle kan derhalwe dikwels glad nie daar­in slaag om die fraseem te vind nie.'n Studie van 84 fraseme in vyf aanlyn Engelse aanleerderswoordeboeke (Cambridge Advanced Learner's Dictionary, Collins COBUILD Advanced Dictionary, Longman Dictionary of Con­tem­porary English, Macmillan English Dictionary for Advanced Learners and Oxford Advanced Learn­er's Dic­tion­ary) het 'n gebrek aan eenvormigheid tussen en dikwels binne woordeboeke getoon. Hier­die arti­kel is geba­seer op 14 van hierdie fraseme wat in een of meer van hierdie woordeboeke verskyn en sluit eie­name en/of variante woorde in.Om aanleerderswoordeboeke meer gebruikersvriendelik (Zgusta 1971) te maak, word daar bepleit dat hulle groter konsekwensie in hul keuse van fraseemtrefwoorde nodig het, sowel binne as tussen woordeboeke, en dat groter kruisverwysing nodig is binne 'n enkele woordeboek. Vyf stra­te­gieë word aangebied om aanleerders te help met hul woordeboeksoektogte.
Gepubliceerd
2013-12-20
Citeerhulp
Miller, J. (2013). <i>Birds of a Feather</i> Don’t Always <i>Flock Together</i&gt;: User Problems in Identifying Headwords in Online English Learner’s Dictionaries. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1215
Sectie
Artikels/Articles