New Proposals for the Design of Integrated Online Wine Industry Dictionaries

  • Patrick Leroyer School of Business and Social Sciences, Centre for Lexicography, Aarhus University, Aarhus, Denmark
Trefwoorden: gespesialiseerde leksikografie, gespesialiseerde woorde­boeke, aanlyn gespesialiseerde woordeboeke, onderwerpsveldgebaseerde woor­deboeke, gebruikersituasiegebaseerde woordeboeke, funksieteorie van die leksikografie, wynbedryfwoordeboeke, raadpleging, nav

Samenvatting

Nuwe voorstelle vir die ontwerp van geïntegreerde aanlyn wyn­bedryfwoordeboeke.Die gespesialiseerde leksikografiese behandeling van die wyn­kunde en wynbou bestaan gewoonlik in die samestelling van artikels wat die taal van wyn in alge­mene taalwoordeboeke beskryf of die vakkennis van wyn in gespesialiseerde multiveld­woor­de­boeke en -ensiklopediëe aanbied. Hierdie behandeling omvat ook die terminologiese samestelling van enkelveldwoordeboeke wat die taal en/of kennis van wyn omskryf. Leksikografies gesproke is dit alles maar 'n klein deeltjie van die geheelbeeld. Die gespesialiseerde leksikografie van die wyn­kunde en wynbou is inderdaad ryk geskakeerd en gaan ver verby die bogenoemde soort artikels en woor­deboeke. Dit sluit 'n wye reeks van sowel aanlyn as gedrukte leksikografies gestruktureerde inlig­tingsgereedskap in, soos wyngidse, -atlasse, -maatskappye, wynkundige webtuistes en mobiele toepassings. Ooreenkomstig hierdie groeiende belangstelling vir leksikografies gestruk­tu­reerde inligtingsgereedskap oor wynkunde, wynmaak en wynproe, bepleit hierdie artikel 'n uit­brei­ding van die leksikografie wat handel oor wyn: Dit verduidelik hoe 'n nuwe leksikografiese inlig­tingswerktuig, in hierdie geval OENOLEX Burgundy, 'n Franse eentalige aanlyn wynwoorde­boek wat 'n opdrag van die Boergondiese wynbedryf is, verskillende funksies en gebruiksmodusse aan sy gebruikers bied, insluitende toegang tot multimodale data, en hoe dit verskil van 'n ver­ge­lyk­bare Suid-Afrikaanse aanlyn wynwoordeboek wat 'n opdrag is van die Suid-Afrikaanse wyn­bedryf. Ooreenkomstig die bevindinge van hierdie vergelykende studie, word leksikografiese voor­stelle vervolgens geformuleer. Die eerste voorstel is dat sulke aanlyn wynbedryfwoordeboeke ont­werp behoort te word in ooreenstemming met spesifieke gebruikersituasies en -behoeftes en gebruik te maak van 'n monofunksionele ontwerp en 'n aanpasbare gebruikerskoppelvlak. Die tweede voorstel is dat sulke aanlyn wynbedryfwoordeboeke nie alleen behoort te staan nie, aan­gesien hulle kan baat by 'n volle integrasie met die webtuistes van die wynbedryf, en gevolglik ver­ander in werklike leksikografiese inligtingsgereedskap.Sleutelwoorde: gespesialiseerde leksikografie, gespesialiseerde woorde­boeke, aanlyn gespesialiseerde woordeboeke, onderwerpsveldgebaseerde woor­deboeke, gebruikersituasiegebaseerde woordeboeke, funksieteorie van die leksikografie, wynbedryfwoordeboeke, raadpleging, navigasie, toe­gangs­modusse, multimodaliteit, gebruikersbehoeftesparadigma, web­tuis­te-inte­gra­sie
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Leroyer, P. (2013). New Proposals for the Design of Integrated Online Wine Industry Dictionaries. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1212
Sectie
Artikels/Articles