Expectation Levels in Dictionary Consultation and Compilation

  • Inge Kosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: woordeboekraadpleging, woordeboeksamestelling, vlakke van verwagting, naslaanvaardighede, woord-gebaseerde woor­de­boek, stam-gebaseerde woordeboek, woordeboekontwerp, teikengebrui­ker, lek­si­kograaf, lemmatisering

Samenvatting

Vlakke van verwagting in woordeboekgebruik en -same­stel­ling. Die raadpleging en samestelling van 'n woordeboek behels 'n wisselwerking tussen twee par­tye, naamlik 'n woordeboekgebruiker en 'n leksikograaf. Hoe goed gebruikers vaar wanneer hulle woorde in 'n Bantoetaalwoordeboek opsoek en die mate waarin daar aan hulle verwagtinge vol­doen word, hang af van hulle eie naslaanvaardighede, hulle kennis van die Bantoetaalstruktuur en woor­deboekstruktuur. Daar is ook sekere vereistes wat die leksikograaf aan die gebruiker stel. Hier­die vereistes is op verskillende vlakke, wat strek van laevlakverwagtinge waar aangeneem word dat basiese naslaanvaardighede volgens die letters van die alfabet reeds bemeester is (soos nodig wanneer 'n woord in 'n woord-gebaseerde woordeboek opgesoek moet word), tot medium­vlak­verwagtinge (waar woorde volgens 'n stam-gebaseerde woordeboek nageslaan moet word), tot hoëvlakverwagtinge (waar intuïtiewe woordeboekvaardighede nie meer toereikend is nie). 'n Fyn balans moet gevind word tussen die gebruikersleiding en die veronderstelde naslaan­vaar­dig­hede van die teikengebruiker. Hierdie artikel poog om die kwessie van verskillende vlakke van ver­wag­ting van Bantoetaalwoordeboeke te beskou, beide uit die perspektief van die gebruiker en die samesteller.
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Kosch, I. (2013). Expectation Levels in Dictionary Consultation and Compilation. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1211
Sectie
Artikels/Articles