What is a Lexicographical Database?
Trefwoorden:
databasis, optekening, databasisbestuur, ontwerp van 'n databasis, gebruikerskoppelvlak, leksikografiese databasis, databasisstelsel, databasisstruktuur, databasisskema
Samenvatting
Wat is 'n leksikografiese databasis?Geen leksikograaf het vyftig jaar gelede 'n databasis in die werksproses gebruik nie. Vandag inkorporeer byna alle woordeboekprojekte databasisse. Na ons mening behoort die beste leksikografiese databasis beplan te word in samewerking tussen 'n leksikograaf en 'n databasisdeskundige vir elke bepaalde leksikografiese projek. So 'n samewerking sal die hoogste suksesvlak bereik as die leksikograaf ten minste 'n basiese kennis van die onderwerp van hierdie artikel het: Wat is 'n databasis? Hierdie soort kennis is ook nodig as die leksikograaf 'n voortgesette of 'n voltooide projek beskryf. In hierdie artikel verskaf ons 'n beskrywing van hierdie soort samewerking deur die belangrikste teoretiese terme te gebruik wat toepaslik is in die beplanning van 'n databasis. Dit sal duidelik gemaak word dat 'n leksikografiese databasis soortgelyk is aan enige ander databasis. Die enigste verskil is dat die beste leksikografiese databasis saamgestel is om aan die behoeftes van 'n spesifieke leksikografiese projek te voldoen.
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Bergenholtz, H., & Nielsen, J. S. (2013). What is a Lexicographical Database?. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1205
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.