Developing The Presentation of Word Formation in General Monolingual Dictionaries

  • Henning Bergenholtz Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University
Trefwoorden: afleiding, afrikaanse woordeboeke, elektroniese woor­de­boeke, gebruikersbehoeftes, kognitiewe funksie, kompleks, kompositum, teksbegrip, teksproduksie, woordeboekfunksie, woordvorming

Samenvatting

Die aanbieding van woordvorming in algemene verklarende woor­deboeke. Woordvorming in woordeboeke is ten minste sedert die bydrae van Mugdan (1984) 'n onderwerp wat gereeld deur leksikograwe bespreek word. Ongelukkig was die resultate hier­van nie altyd bevredigend nie. Dit geld sowel die formulering van leksikografiese teorie as die lek­sikografiese praktyk want die leksikografiese terme het linguistierse terme as vertrekpunt en vrae word gestel oor hoe hierdie verskynsels in woordeboeke aangebied moet word. In stede daar­van behoort daar eerder gevra te word watter inligtingsbehoeftes gebruikers in watter tipes gebrui­ker­situasies ervaar en dan moet daar besluit word waar en hoe aanduiders van woord­vorming aan­gebied moet word om die beoogde teikengebruiker van die woordeboek ten beste te bevoor­deel.Die leksikografiese praktyk is ook in 'n onbevredigende situasie met betrekking tot aandui­ders van woordvorming. Die tipiese polifunksionele woordeboeke het te veel aanduiders wat woord­vorming vir teksbegrip bied en veels te min wat op die oplossing van teks­produksie­pro­bleme gerig is of op die werklike algemene kennisbehoeftes oor woordvorming in 'n bepaalde taal. Hier­die artikel bied voorstelle oor teoretiese benaderings wat sou kon lei tot 'n beter gebrui­kers­gerigte leksikografiepraktyk.
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Bergenholtz, H., & Gouws, R. H. (2013). Developing The Presentation of Word Formation in General Monolingual Dictionaries. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1204
Sectie
Artikels/Articles