Developing Legal Terminology in African Languages as Aid to the Court Interpreter: A South African Perspective

  • Mariëtta Alberts Research Unit for Languages and Literature in the South African Context, Northwest University, Potchefstroom Campus, Potchefstroom, South Africa
  • Nina Mollema Department of Criminal and Procedural Law, University of South Africa, Pretoria Campus, South Africa
Trefwoorden: bewysreg, hoftolk, harmonisering, hoftolking, interna­sio­nalisering, konseptualisering, strafreg, strafprosesreg, ekserpeer­pro­sesse, standaardisering, terminografie, terminologie

Samenvatting

Die ontwikkeling van regsterminologie in die Afrikatale as hulp aan die hoftolk: 'n Suid-Afrikaanse perspektief. Die behoefte aan ondubbel­sin­nige kom­munikasie in die teoretiese en toegepaste velde van menslike aktiwiteit, soos die regs­professie, neem steeds toe. Terminoloë en vakspesialiste probeer om ondubbelsinnige bron- en doel­taalterme vir goed gedefinieerde begrippe te verskaf. Om dié doel te bereik, is dit noodsaaklik om die presiese bete­kenisse van terme te bepaal ten einde gebruikers in staat te stel om dit te ver­staan en op 'n universeel aanvaarbare wyse te gebruik. Regstaal is een van die moeilikste vaktale aan­ge­sien slegs kun­dige regslui wat die spesiale woordeskat onder die knie het suksesvol kan kom­mu­ni­keer — leke is geneig om te sukkel om die regstaal te verstaan, soms regsjargon genoem. Hier­die stu­die han­del oor regstaal, die oorbrugging van kommunikasieprobleme in 'n regsmilieu deur veral hof­tolke, en pro­bleme wat die regslinguiste in hierdie strewe mag ondervind. 'n Paar woord­vormings­beginsels word bespreek en voorbeelde van tiperende meertalige skeppings in die regs­prak­tyk word ter illus­trasie aangebied. Verskeie sake oor terminologiegebruik in 'n meertalige same­le­wing kry aan­dag. Sommige van die beginsels van die standaardisering, harmonisering en die inter­na­sio­na­li­se­ring van regsterminologie word bespreek. Die navorsing verwys ook na die werk van die Sen­trum vir Regs­terminologie in Afrikatale (SRTAT) en ook na ander tersaaklike termi­no­lo­gie­pro­jekte, bv. dié van die Sentrum vir Politieke en Verwante Terminologie in Suidelike Afrika (CEPTSA).
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Alberts, M., & Mollema, N. (2013). Developing Legal Terminology in African Languages as Aid to the Court Interpreter: A South African Perspective. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1203
Sectie
Artikels/Articles