The Afrikaans Orthographic Rules as Guide for Other South African Languages

  • Mariëtta Alberts Research Unit for Languages and Literature in SA Context, Northwest University, Potchefstroom Campus, Potchefstroom, South Africa
Trefwoorden: alfabet, leksikograaf, leksikografie, ortografie, spelling, standaardisering, taalverandering, termino­graaf, terminografie, trans­literasie, vereenvoudigde taal

Samenvatting

Die Afrikaanse spel- en skryfreëls as voorbeeld vir ander  Suid-Afrikaanse tale.Die spel- en skryfreëls van 'n taal is baie belangrik vir die same­stellers van algemene en vakwoordeboeke. Wanneer 'n woordeboek saamgestel word, moet die lek­si­ko­grawe en terminograwe by hierdie reëls hou. Die woordvormingsbeginsels van 'n taal vorm deel van hierdie reëls en nuwe terme kan slegs in 'n gegewe taal geskep word as die spel- en skryf­reëls van die taal gevolg word.In hierdie artikel word van werk aan die Afrikaanse spel- en skryfreëls in breë trekke verslag gedoen. Hopelik kan sommige van die lesse wat in dié proses geleer is as riglyne dien vir parallelle pro­sesse van die stan­daardisering van die spel- en skryfreëls van die ander Suid-Afri­kaanse tale.Met die stigting van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA) van die Pan- Suid-Afri­kaanse Taalraad (PanSAT), is daar besluit dat die lede van die Taalkommissie van die Suid-Afri­kaanse Aka­de­mie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) lede sou word van die NTLA. Hierdie lede het toe die Tegniese Komitee Standaardisering (TK: Standaardisering) geword. Sedert sy tot­stand­koming het die lede van die Taalkommissie cum TK: Standaardisering (Kommissie) voort­gegaan met hul werk aan die standaardisering van die spel- en skryfreëls van Afrikaans. Saam met die werk aan spel- en skryfreëls is die langtermyndoelwitte wat deur die Kommissie gestel is, onder andere om die die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) te wysig en aan te pas om dit in 'n elek­troniese formaat en aanlyn beskikbaar te stel en om 'n standaardgrammatika vir Afrikaans saam te stel wat interna­sio­naal op die Internet toeganklik kan wees.Die AWS is 'n bron wat deur die Kommissie saamgestel word om gebruikers van Afri­kaans te help wanneer hulle die standaardvariëteit van die taal gebruik. Die AWS verduidelik die grond­reëls van die Afrikaanse spel- en skryfkonvensies. Die basiese reëls is in vereenvoudigde taal geskryf.Geen taal is staties nie en taalverandering moet gedurig in gedagte gehou word. Die woor­de­skat en uitspraak van 'n dinamiese taal kan oor 'n tydperk verander. Hierdie veranderinge moet in die spel- en skryfsisteem van die taal weerspieël word.Hierdie artikel behandel aspekte soos die voorwerk van die AWS, spel- en skryfbeginsels en ‑reëls, agterwerk (bv. 'n lys afkortings, 'n lys internasionale plekname, transliterasietabelle, ens.). Hoe­wel die AWS nie 'n woordeboek is nie, bevat dit ook 'n woordelys. Woorde wat spel­probleme ople­wer, neo­logismes en gevalle wat erkenning as deel van die Afrikaanse woordeskat verdien, is som­mige van die kategorieë wat oorweeg word vir insluiting in hierdie lys.In 2004 het die NTL'e van die ander nege amptelike Afrikatale begin met die hersiening van die spel- en skryf­reëls van hierdie tale. Die eerste uitgawes is deur PanSAT in 2008 gepubliseer. Geen hersie­nings is sedertdien saamgestel nie. Die AWS kan as voorbeeld dien van wat vir die ander Afrikatale gedoen kan word.
Gepubliceerd
2013-12-19
Citeerhulp
Alberts, M. (2013). The Afrikaans Orthographic Rules as Guide for Other South African Languages. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1202
Sectie
Artikels/Articles