H.C. Viljoen: Kuberwoordeboek Afrikaans-Engels, Engels-Afrikaans Cyber Dictionary Afrikaans-English, English-Afrikaans
Samenvatting
Kuberwoordeboek is 'n opgegradeerde weergawe van die Tweetalige Rekenaar-woordeboek van N. Coetzee, N.F. du Plooy en A.D. de V. Cluver wat in 1985, voor die vestiging van die internet, verskyn het. As 'n mens Kuberwoordeboek die eerste keer sien, is jy verbaas dat 'n publikasie wat so ouderwets lyk, soveel hedendaagse terme kan bevat. Die ouderwetsheid is te wyte aan die Windows 95-rekenaarblokkie op die voorblad. Indien 'n moderner Windows XP-blokkie eerder gebruik is, sou die woordeboek sekerlik meer byderwets gelyk het.
Citeerhulp
Potgieter, L. (1). H.C. Viljoen: Kuberwoordeboek Afrikaans-Engels, Engels-Afrikaans Cyber Dictionary Afrikaans-English, English-Afrikaans. Lexikos, 17. https://doi.org/10.5788/17-0-1190
Nummer
Sectie
Resensies/Reviews
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.