Vroeë woordelyste en woordeboeke in verband met Afrikaans

  • W. Gericke Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Trefwoorden: Afrikaans, vroeë woordelyste en woordeboeke, professionele leksikografie

Samenvatting

Die begin van die professionele leksikografie in Suid-Afrika kan teruggevoer word na 1926 toe prof. J.J. Smith amptelik met die werk aan <i>Die Afrikaanse Woordeboek</i> (later ook bekend as die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i>) begin het. In hierdie artikel word daar ingegaan op die stand van die Afrikaanse leksikografie teen daardie tyd en op die Afrikaanse en voor-Afrikaanse woordelyste en woordeboeke wat voor 1926 verskyn het. Werke wat van 1844 tot 1925 gepubliseer is, word bespreek. Van die vroeë leksikografiese baanbrekers was Nederlanders wat hulle in Suid-Afrika gevestig het. Hulle werk het nog 'n sterk Nederlandse karakter gehad. Eers deur die invloed van die sogenaamde Tweede Afrikaanse Taalbeweging ná 1905 en die werk van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst wat in 1909 tot stand gekom het, is die Afrikaanse leksikografiese produkte in 'n groot mate van hierdie Nederlandse inslag gesuiwer. Teen 1926 was die grondslag van 'n leksikografiese tradisie in Suid-Afrika gelê, maar die Afrikaanse verklarende leksikografie was nog 'n onbekende en onverkende terrein.  
Citeerhulp
Gericke, W. (1). Vroeë woordelyste en woordeboeke in verband met Afrikaans. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1151
Sectie
Artikels/Articles