Vloek, skel en vulgariteit: Hantering van sosiolinguisties aanstootlike leksikale items
Trefwoorden:
vloek, skel, vulgariteit, taalwerklikheid, realistiese definisies, stilistiese etikette, sosiolinguistiese etikette, leksikografie
Samenvatting
Hierdie artikel wil nie dit wat in onlangse jare oor die leksikografiese bewerking van vloek, skel en ordinêre vulgariteit in die taal geskryf is, saamvat of ontleed nie, maar probeer slegs om 'n paar praktiese gedagtes oor die onderwerp te ontwikkel. Dit ondersoek die foute wat met die bewerking van die lemma <i>fok</i> en 'n aantal van sy komposita, verwante lemmas, idiome en ander ramifikasies begaan is. 'n Baie opvallende vermyding van die taalwerklikheid word blootgelê en bespreek. 'n Ontwerp vir meer realistiese definisies word voorgelê en die etikettering verduidelik. Die etikette <i>vloek, skeltaal, neerhalend</i> en dies meer het betrekking op stilistiese funksies en behoort as 'n aparte reeks onderskei te word van die reeks etikette wat sosiolinguistiese status aandui, soos <i>vulgêr, geselstaal</i> of <i>verhewe</i>, waarmee dit tradisioneel op 'n gegradeerde skaal saamgegroepeer word.
Citeerhulp
Dekker, L. (1). Vloek, skel en vulgariteit: Hantering van sosiolinguisties aanstootlike leksikale items. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1148
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.