Some Dictionary Descriptions of Grammatical Structure

  • William Branford Department of Linguistics, University of Cape Town
Trefwoorden: leksikogrammatika, leksikografiese taalbeskrywing, sintaktiese taalbeskrywing

Samenvatting

<b>Enkele woordeboekbeskrywings van grammatikale struktuur</b> Hierdie artikel ondersoek enkele aspekte van die behandeling van grammatikale struktuur in vier resente woordeboeke wat Engels as eerste taal aanbied. Dié aspekte word teen die agtergrond van die konsepte "leksikogrammatika" (Halliday 1978) en die interafhanklikheid van leksikografiese en sintaktiese taalbeskrywing beskou. Die artikel is noodwendig verkennend van aard. Die eerste van die hoofafdelings is teoreties; die tweede ondersoek enkele kontemporêre hanteringswyses van sin, klous en stuk; die derde bied uitgesoekte voorbeelde aan en vestig die aandag op die hanteringswyses van determinante, intensifiseerders en komplementeringspatrone, terwyl dit ook kyk na die korrelasie tussen woordeboeketikette en struktuurbeskrywings aan die een kant en die werklike taalsisteem aan die ander kant. Enkele noodwendig voorlopige gevolgtrekkings word gemaak.  
Citeerhulp
Branford, W. (1). Some Dictionary Descriptions of Grammatical Structure. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1146
Sectie
Artikels/Articles