Die lemmatisering van uitdrukkings in verklarende Afrikaanse woordeboeke

  • W.F. Botha W.F. Botha, Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Trefwoorden: meerwoordige leksikale item, uitdrukking, lemmastatus, mikrostrukturele bewerking, leksikografie

Samenvatting

'n Woordeboek moet gelyke status gee aan al drie die tipes leksikonitems, te wete die subleksikale, die leksikale en die multileksikale. Geen verklarende Afrikaanse woordeboek neem egter meerwoordige leksikale items konsekwent as lemmas op nie, maar bied dié items feitlik deurgaans as mikrostruktuurelemente in die artikels van leksikale lemmas aan. Hierdie artikel ondersoek die lemmatisering van 'n baie spesiale groep meerwoordige leksikale items, naamlik uitdrukkings. Die teoretiese komponent van die leksikografie staan reeds lank die verlening van lemmastatus aan uitdrukkings voor, maar het tot onlangs geen prakties uitvoerbare voorstel gemaak oor die wyse waarvolgens dit moet geskied nie. Drie moontlike aanbiedingswyses word ondersoek. Die ondersoek kan moontlik die praktiese leksikograaf help om uitdrukkings op 'n meer bevredigende en leksikografies korrekte wyse aan te bied. Daar word ook enkele riglyne gegee vir die mikrostrukturele bewerking van uitdrukkings.  
Citeerhulp
Botha, W. (1). Die lemmatisering van uitdrukkings in verklarende Afrikaanse woordeboeke. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1145
Sectie
Artikels/Articles