Planning of an Organisational and Post Structure for the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • D.J. van Schalkwyk Editor-in-Chief, Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal
  • M.T. Mey Director, Organisation Development Namibia Consultants
Trefwoorden: strategiese beplanning, organisasie- en postestruktuur, groepplan, lynfunksie, stafondersteuningsdiens, kritiese prestasiearea, kritiese prestasie-uitset, suksesaanwysers, beheerinligting, organisasieontleding, poswaardering, vergoedingstruktuur, vergoedi

Samenvatting

<b>Beplanning van 'n organisasie- en postestruktuur vir die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)</b>Veral vanweë finansiële druk en die begeerte tot versnelde voltooiing van leksikografiese projekte, kry beplannings- en bestuursaangeleenthede al meer aandag by leksikografiese instellings. Hierdie belangrike sake kry egter nog min aandag tydens leksikografiese kongresse. Beplanning en bestuur van 'n leksikografiese projek, meer bepaald die beplanning van die organisasie- en postestruktuur, word in hierdie artikel onder die loep geneem. Alhoewel dit hier om die beplanning en bestuur van die Buro van die WAT handel, kan hierdie standpunte in 'n mindere of meerdere mate ook vir ander leksikografiese projekte geld. Die beplanning van die organisasie- en personeelstruktuur van 'n onderneming is onlosmaaklik verbonde aan sy strategiese beplanning. Die besluit om die Buro van die WAT se organisasie- en postestruktuur aan te pas, het logies voortgevloei uit sy strategiese beplanning wat in 1989 gedoen is. Indien die Buro inhoud wil gee aan sy strewe en sy taak tot uitvoer wil bring, moet sy organisasie- en postestruktuur aan die volgende eise voldoen: (i)   Werksprosesse, ondersteuningstelsels en werkskultuur moet op eindresultate gerig wees; (ii)  Die redaksionele bewerkingsproses moet met die hulp van tegnologie en bewerkingsmetodiek versnel kan word; (iii) Kontekstuele relevantheid van die WAT-inhoud moet verseker word; (iv)  Gebruikersgerigtheid moet die wagwoord vir bestuursdenke wees; en (v)   'n Sakebestuursbenadering wat die beginsel van koste en wins verreken, moet nagestreef word. Hierdie artikel handel oor die organisasie- en postestruktuur wat met hierdie eise in gedagte vir die Buro van die WAT ontwerp is. Vanweë die feit dat hierdie artikel vir beplanners en bestuurders van leksikografiese projekte geskryf is en nie soseer vir beplannings- en bestuurskundiges nie, word sekere begrippe en standaarddetail in groter besonderhede hanteer. <b>Sleutelwoorde:</b> strategiese beplanning, organisasie- en postestruktuur, groepplan, lynfunksie, stafondersteuningsdiens, kritiese prestasiearea, kritiese prestasie-uitset, suksesaanwysers, beheerinligting, organisasieontleding, poswaardering, vergoedingstruktuur, vergoedingspakket, organisasiediagram, posbeskrywings, organisasie-ontledingstaat, sleutelfunksies, prestasiebestuurstelsel, leksikografiese projekte
Citeerhulp
van Schalkwyk, D., & Mey, M. (1). Planning of an Organisational and Post Structure for the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1138
Sectie
Artikels/Articles