Thoughts on ISO and the Development of Terminologies in Southern Africa

  • C.J. Scheffer National Terminology Services, Department of National Education
Trefwoorden: standaardisering, terminologie, vaktaal, termbank, leksikale data, netwerke, internasionale data-uitruiling, iso, tegniese komitee, kwaliteitsbestuur, begrippe, algemene leksikografie, afrikataalkodes

Samenvatting

<b>Enkele gedagtes oor ISO en die ontwikkeling van terminologieë in Suidelike Afrika</b>Gedurende 1990 het 'n Suid-Afrikaanse nasionale komitee van ISO se Tegniese Komitee 37 tot stand gekom. Hierdie komitee dien as skakel tussen Suid-Afrikaanse instansies wat terminologieë wil standaardiseer en ISO wat terminologie standaardiseer met die oog op kwaliteitsbestuur van produkte. In die artikel word die oogmerke van die nasionale komitee uiteengesit asook die hulpmiddele wat kan bydra om sy doelwitte te bereik. ISO het reeds toegestem dat begrippe en die terme wat dit benoem, op die Nasionale Termbank (NTB) geplaas mag word. Die wyse waarop terminologie-inligting wat bv. ISO verskaf, op die NTB vertoon kan word, word bespreek, asook die implikasie wat dié ontwikkelende gemeenskappe se inligtingsbehoeftes vir die aanpassing van leksikale databasisse inhou. Die voordeel wat die bestaande nasionale fasiliteite vir gebruikers van terminologieë en ander leksikale data inhou, asook die effektiwiteit wat <u>een</u> stelsel meebring om data nasionaal en internasionaal uit te ruil, word ook beklemtoon. Die implikasies van taalbeleidsbesluite op die ontwikkeling van vaktale, terminologieë, die algemene leksikografie en inligtingsverspreiding sal in 'n nuwe Suid-Afrika spesiale aandag verg.  
Citeerhulp
Scheffer, C. (1). Thoughts on ISO and the Development of Terminologies in Southern Africa. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1134
Sectie
Artikels/Articles