The Lexicographical Handling of Grammatical Equivalence: The Case of Afrikaans and Zulu

  • Ernst F. Kotzé University of Zululand
Trefwoorden: aanleerderswoordeboeke, afrikaans, drietalige woordeboeke, grammatikale ekwivalensie, leksikografie, makrostruktuur, mikrostruktuur, morfologie, sintaksis, vertaalteorie, vertalende woordeboeke, zoeloe

Samenvatting

<b>Die leksikografiese hantering van grammatikale ekwivalensie --- die geval van Afrikaans en Zoeloe</b>Leksikograwe wat vertalende woordeboeke saamstel is nie uitsluitlik gemoeid met semantiese ekwivalensie wanneer hulle vertaalekwivalente vir lemmas selekteer nie, maar sluit dikwels ook implisiete grammatiese inligting in by wyse van voorbeeldmateriaal wanneer die leksikale item wat vertaal moet word, nie 'n presiese grammatiese teenhanger in die teikentaal het nie. Dit is veral so in die geval van tipologies uiteenlopende tale, waarvan Afrikaans en Zoeloe as voorbeelde in die Suid-Afrikaanse tale-opset dien. By die toepassing van die vertaalteorie op die leksikografiese praktyk lyk dit sinvol om ten gunste van 'n deskriptiewe benadering (Toury 1990) te kies, wat, anders as die preskriptiewe benadering, nie 'n ideale verhouding tussen bronteks en doelteks veronderstel nie, maar juis die verhouding tussen die twee tekste (wat in die geval van 'n vertalende woordeboek korreleer met lemma en vertaalekwivalent onderskeidelik) empiries ondersoek. In hierdie artikel word die probleem van grammatikale ongelyksoortigheid tussen lemma en vertaalekwivalent in 'n aanleerderswoordeboek wat die bogenoemde tale betrek, dan onder die loep geneem. Nie alleen ongelyksoortigheid met betrekking tot sintaktiese kategorieë nie, maar ook die morfologiese status van lemmas (as woorde, en sub- en multileksikale items) kom in die data-ondersoek aan bod. Die insigte oor die sistematiese aard van hierdie asimmetriese verhouding wat sodoende verkry word, vind neerslag in voorstelle om die formaat van die mikrostruktuur in te span as middel om grammatikale feite van die teikentaal by die aanleerder tuis te bring.  
Citeerhulp
Kotzé, E. F. (1). The Lexicographical Handling of Grammatical Equivalence: The Case of Afrikaans and Zulu. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1130
Sectie
Artikels/Articles