Lexicography in Australia

  • A. Delbridge Macquarie University, New South Wales, Australia
Trefwoorden: leksikografie, australiese engels, inboorlingtale, gemeenskapstale, immigrasie, nasionale taalbeleid, multikultureel, tweetalig, spreektaaluitdrukking, australiënisme, databasis, korpus, australex

Samenvatting

<b>Leksikografie in Australië</b>Hierdie bydrae beskryf die huidige leksikografiese situasie in Australië deurdat daar 'n oorsig gegee word van die situasie van Engels sedert die eerste Britse vestiging in 1788. Die opkoms van Australiese Engels as nasionale taal word nagespoor, en die Australiese inboorlingtale word aangeroer. Die grootste verandering in die taalsituasie het plaasgevind as gevolg van Australië se immigrasiebeleid na die Tweede Wêreldoorlog. Dit het daartoe gelei dat die regering Australië uiteindelik as 'n multitalige en multikulturele land begin sien het. Die regering het ook die dringende behoefte aan 'n formele taalbeleid, wat die onderskeie gemeenskapstale van Australië as ekonomiese, sosiale en opvoedkundige bate sou hanteer, begin besef. Daarna word die vorige en huidige leksikografiese situasie in Australiese Engels, in inboorling- en gemeenskapstale, sowel as in tale van die Stille Oseaan-gebied in hierdie bydrae geskets. Titels van sommige van die belangrikste woordeboeke word in die bibliografie gelys. Hierdie stuk eindig met 'n beskrywing van die uitgangspunte van die nuut gestigte Australasian Association for Lexicography.  
Citeerhulp
Delbridge, A. (1). Lexicography in Australia. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1127
Sectie
Artikels/Articles