Some Lexical Aspects of Cape Muslim Afrikaans

  • Achmat Davids Southern African Research Program, Yale University, Connecticut, USA
Trefwoorden: kaapse moesliemafrikaans, leksikale aspekte, kernwoordeskat, erfgoed en leengoed, standaardafrikaans, arabiese afrikaans, arabiese ortografie, nederlands, engels, kreolisering, slawetale, geloofs-onderrig, neologismes, sintaktiese funksie, uitspraak, idio

Samenvatting

<b>Enkele leksikale aspekte van Moesliemafrikaans</b>Dit is goed bekend dat Kaapse Moesliemafrikaans soms in uitspraak van Standaardafrikaans verskil. Wat nie so bekend is nie, is dat Kaapse Moesliemafrikaans benewens sy basiese woordeskat van Hollandse oorsprong, ook 'n kenmerkende leksikale inventaris het wat geskep is om veral die beperkings van die negentiende-eeuse Kaapse Afrikaans te bowe te kom. Dit is aspekte van hierdie inventaris wat hier bespreek word. Hierdie kenmerkende leksikale inventaris sluit baie leksikale eenhede in wat oorleef het na die standaardisering van Afrikaans. Kaapse Moesliemafrikaans sluit ook leksikale erfgoed in van die Maleis-Polinesiese tale wat deur die slawevoorvaders van die Kaapse Moesliemgemeenskap gebesig is. Sy woordeskat word verder uitgebrei deur leengoed uit Engels en Frans, tale waarmee kontak gemaak is. Woorde is aan Arabies ontleen as gevolg van die vertaling van godsdienstige en teo-filosofiese geskrifte in die Afrikaanse moedertaal van hierdie gemeenskap. Die opstel bespreek die oordrag en oorlewing van die inventaris van Kaapse Moesliemafrikaans in die Kaapse Moesliemgemeenskap. Die rol van die skryftradisie van Arabies-Afrikaans en die geloofsonderrig in dié verband word bespreek. Van groot belang is die aanpassing van die uitspraak en sintaktiese funksies van die leengoed en erfgoed by die akoestiese karakter van Kaapse Moesliemafrikaans deur die toevoeging van leksikale en grammatiese morfeme. Die skepping van samestellings en neologismes word ondersoek, terwyl lyste van oorgeërfde leksikale eenhede, met hul afleidings, en meer komplekse leksikale items voorsien word. <b>Sleutelwoorde:</b> kaapse moesliemafrikaans, leksikale aspekte, kernwoordeskat, erfgoed en leengoed, standaardafrikaans, arabiese afrikaans, arabiese ortografie, nederlands, engels, kreolisering, slawetale, geloofs-onderrig, neologismes, sintaktiese funksie, uitspraak, idiome en uitdrukkings
Citeerhulp
Davids, A. (1). Some Lexical Aspects of Cape Muslim Afrikaans. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1126
Sectie
Artikels/Articles