Komponentontleding as leksikografiese instrument

  • I.L. Vos Departement Afrikaans, Randse Afrikaanse Universiteit, Suid-Afrika
Trefwoorden: betekeniskomponente, definisie, ensiklopediese inligting, komponentontleding, leksikale betekenis, leksikografie, saakbeskrywing, semantiese velde, verklarende woordeboek

Samenvatting

Een van die belangrikste funksies van verklarende woordeboeke is om betekenisinligting te verskaf. Die verklaring van leksikale betekenis moet in ooreenstemming wees met semantiese norme wat vanuit die leksikale semantiek geformuleer moet word. Semantiese norme vir die hantering van ensiklopediese inligting in handwoordeboeke het tot dusver nie baie aandag van Afrikaanse taalkundiges gekry nie. Daar word byvoorbeeld algemeen aanvaar dat ensiklopediese inligting nie in verklarende woordeboeke tuishoort nie omdat dit die buitetalige werklikheid beskryf, terwyl verklarende woordeboeke op taal en taalgebruik gerig is. Tog is dit soms nodig om 'n hoeveelheid ensiklopediese inligting in 'n betekenisverklaring in te sluit om 'n volledige, duidelike en eenduidige betekenisoordrag te bewerkstellig. Ook hiervoor het die leksikograaf praktiese riglyne nodig. Komponentontleding kan as instrument dien aan die hand waarvan die leksikograaf kan onderskei tussen komponente wat bydra tot die verklaring van leksikale betekenis en komponente wat bloot aanvullend en dus oorbodig ten opsigte van die betekenisverklaring is. Komponentontleding is gebaseer op die aanname dat betekenis 'n deelbare geheel is. Betekenis word beskryf in terme van betekeniskomponente. Daar word drie soorte komponente onderskei, naamlik gemeenskaplike, diagnostiese en supplementêre komponente. Dit is veral die diagnostiese komponente wat leksikale betekenis oordra en in die definisie gebruik behoort te word. Alhoewel daar geldige besware teen sekere aspekte van komponentontleding geopper kan word, mag komponentontleding as leksikografiese instrument nie summier verwerp word nie. Die gebreke of tekortkominge kan liewer beskou word as 'n stimulus tot groter samewerking tussen die leksikograaf en die teoretiese taalkundige.  
Citeerhulp
Vos, I. (1). Komponentontleding as leksikografiese instrument. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1111
Sectie
Artikels/Articles