Broadening the Perspectives of South African English and Afrikaans Research (An Interview with David L. Gold on his Work in these Fields)

  • Roy S. Rosenstein American University of Paris, France
Trefwoorden: afrikaans, amerikaanse engels, arabies, armeens, bulgaars, diglossie, duits, engels, etimologie, etnolekte, frans, jiddisj, joods-amerikaanse engels, joods-britse engels, joodse afrikaans, joodse engels, joods-ierse engels, joods-jamaikaanse engels, joods

Samenvatting

<b>'n Verruiming van die navorsingsperspektiewe op Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans ('n onderhoud met David L. Gold oor sy werk op hierdie gebiede)</b>David L. Gold is 'n navorser van Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans wat hierdie twee tale teen die agtergrond van sowel verskeie ander Germaanse tale as ander Indo-Europese en sekere nie-Indo-Europese tale bestudeer. Hy doen aan die hand dat die tradisionele vergelyking van Afrikaans slegs met Europese Nederlands aangevul word met 'n vergelyking van Afrikaans met Nieu-Nederlandse Nederlands wat net soos Afrikaans as 'n nie-Europese variëteit van Nederlands in die sewentiende eeu ontstaan het. 'n Vergelyking van Afrikaans met Nieu-Nederlandse Nederlands werp lig nie slegs op hierdie twee tale nie, maar ook op vroeëre Europese Nederlands. Gold stel voor dat die etimologie van Afrikaanse lekseme nie tot hulle vorm beperk word nie maar ook tot hulle betekenisse uitgebrei word. Indien hierdie voorstel toegepas word, sal dit blyk dat Suid-Afrikaanse Engels 'n groter invloed op die Afrikaanse woordeskat gehad het as wat tot dusver geglo is, d.w.s. die betekenisse van baie Afrikaanse lekseme is van Engelse oorsprong, alhoewel die lekseme self nie van Engelse oorsprong is nie. David L. Gold is ook 'n student van die Joodse aspekte van Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans. Die meeste Jode wat hulle in Suid-Afrika gevestig het, was moedertaalsprekers van Jiddisj, en dit is bloot natuurlik dat spore van hulle moedertaal nog in hulle Engels en Afrikaans voorkom. 'n Aantal van hierdie oorblyfsels kan ook gevind word in die taal van hulle afstammelinge (selfs al ken hulle nie self Jiddisj nie), en enkele gevalle word ook gebruik deur nie-Joodse Suid-Afrikaners. 'n Ondersoek na die invloed van Jiddisj op Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans verg 'n deeglike kennis van die vorme van Jiddisj wat na Suid-Afrika gebring is (in die vroeë jare: Westerse Jiddisj; sedert die laat neëntiende eeu: Noordoostelike Jiddisj), variasies van Joodse Engels gepraat in ander lande (ter vergelyking met Joodse Suid-Afrikaanse Engels) en Joodse Nederlands (ter vergelyking met Joodse Afrikaans). Nog 'n Joodse aspek van Suid-Afrikaanse Engels en Afrikaans waaraan David L. Gold aandag geskenk het, is die nie-Joodse gebruike van woorde wat van Joodse belang is, soos woorde wat "Jood" beteken en idiome wat na Jode verwys. Al hierdie materiaal wat van Joodse belang is, behoort opgeteken en met soortgelyke materiaal in ander tale vergelyk te word. <b>Sleutelwoorde:</b> afrikaans, amerikaanse engels, arabies, armeens, bulgaars, diglossie, duits, engels, etimologie, etnolekte, frans, jiddisj, joods-amerikaanse engels, joods-britse engels, joodse afrikaans, joodse engels, joods-ierse engels, joods-jamaikaanse engels, joods-suid-afrikaanse engels, kaapse kleurling-engels, karibiese nederlands, leksikografie, leksikologie, marathi, nederlands, neosemantisismes, nieu-nederlandse nederlands, plekname, portugees, seeuse nederlands, serwo-kroaties, suid-afrikaanse engels, taalbeplanning, tale in kontak met mekaar, turks, uittelrympies, vanne
Citeerhulp
Rosenstein, R. S. (1). Broadening the Perspectives of South African English and Afrikaans Research (An Interview with David L. Gold on his Work in these Fields). Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1109
Sectie
Artikels/Articles