Funksies van voorbeeldmateriaal in eentalige woordeboeke

  • L. Rademeyer Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: betekenisbetrekkinge, bewys van gebruik, definiens, grammatiese inligting, interaksie, konteks, lemma, leksikale item, poëme, pragmaties, register, semanties, sintaktiese gebruik, sitate, voorbeelde, voorbeeldmateriaal, woordeboekartikel, woordeboekgebrui

Samenvatting

Voorbeeldmateriaal is 'n mikrostrukturele element van die woordeboekartikel wat in die meeste woordeboeke nie tot sy volle reg kom nie. Interaksie tussen voorbeelde en ander mikrostrukturele elemente is noodsaaklik. Korrelasie tussen die definiens en voorbeeldmateriaal in die woordeboekartikel help die woordeboekgebruiker met sy enkoderingsvaardighede. As 'n definiens nie deur voorbeeldmateriaal ondersteun word nie, is die inligting wat daarin vervat is, nie so betekenisvol as wat dit kan wees nie. Voorbeeldmateriaal behoort egter nooit as enigste definiëringsmeganisme op te tree nie. Korrelasie tussen gebruiksetikette en voorbeelde is veral belangrik. 'n Voorbeeld wat 'n etiket weerspreek, of omgekeerd, verwar die gebruiker. Indien óf etiket óf sitaat ontbreek, kan die woordeboekgebruiker maklik mislei word. Voorbeelde behoort ook die grammatiese inligting in die woordeboekartikel te ondersteun. Dit het 'n implisiete funksie in hierdie geval, aangesien dit die eksplisiete inligting aanvul en illustreer. 'n Woordeboek waarin hierdie twee mikrostrukturele elemente korreleer, is gebruikersvriendelik. Sowel sitate as poëme kan suksesvol gebruik word om die gebruiker te help met die verstaan en voortbring van taaluitings. Verder toon voorbeeldmateriaal ook aan dat elke leksikale item op semantiese sowel as sintaktiese vlak verwant is aan ander leksikale items. Dit weerspieël ook bepaalde semantiese ooreenkomste en verskille tussen verwante leksikale items. Voorbeeldmateriaal behoort nie as 'n bykomende element van die woordeboekartikel beskou te word nie, maar as 'n noodsaaklike komponent daarvan. <b>Sleutelwoorde:</b> betekenisbetrekkinge, bewys van gebruik, definiens, grammatiese inligting, interaksie, konteks, lemma, leksikale item, poëme, pragmaties, register, semanties, sintaktiese gebruik, sitate, voorbeelde, voorbeeldmateriaal, woordeboekartikel, woordeboekgebruiker
Citeerhulp
Rademeyer, L. (1). Funksies van voorbeeldmateriaal in eentalige woordeboeke. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1107
Sectie
Artikels/Articles