Etikette in sinchronies verklarende woordeboeke
Trefwoorden:
etiket, gebruiklikheid, gebruiksfeer, geografies, handwoordeboek, pragmaties, preskriptiwiteit, sinchronies, stilisties, taalkundig, temporeel
Samenvatting
'n Leksikograaf behoort beperkinge op die gebruik van leksikale items, byvoorbeeld ten opsigte van styl, vir die teikengebruikers van sy woordeboek aan te dui. Dit word veral met behulp van etikette gedoen. Etikette berus dikwels op die leksikograaf se oordeel eerder as op wetenskaplikheid en word nie altyd uniform en gebalanseerd in woordeboeke aangebied nie. Tog kan taalkundige en pragmatiese leiding deur middel van korrek aangebode etikette gebied word. In handwoordeboeke behoort 'n verskeidenheid etikette oordeelkundig en uniform aangebied te word sodat die gebruiker maksimaal daarby kan baat.
Citeerhulp
Lombard, F. (1). Etikette in sinchronies verklarende woordeboeke. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1103
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.