Racist Language in Society and in Dictionaries: A Pragmatic Perspective

  • D.C. Hauptfleisch Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: definiense, drukgroepe, etnies, fauna en flora, gebruiksetikette, geografiese name, insluiting of weglating, interrassieel, multikulturele en poli-etniese gemeenskappe, nieprotesterende sosiale groepe, pragmatiese perspektief, ras, rassisties, rassistiese

Samenvatting

<b>Rassistiese taal in die gemeenskap en in woordeboeke: 'n pragmatiese perspektief</b>Na 'n verwysing in die inleiding na protesaksies deur drukgroepe teen neerhalende taalgebruik deur die spraakgemeenskap wanneer na bepaalde sosiale groepe of sosiale oortuigings verwys word, word melding gemaak van verskillende nieprotesterende sosiale groepe. Die hele afdeling 2 word gewy aan 'n bespreking van rassistiese taal in die gemeenskap. Sewe verskillende kategorieë word toegelig met voorbeelde uit verskillende tale. Die belangrike vraag van hoe rassistiese taal in woordeboeke gehanteer behoort te word, word in afdeling 3 ondersoek. Voorbeelde van proteste deur etniese drukgroepe word gegee, gevolg deur 'n omvattende bespreking van onderwerpe soos die insluiting of weglating van rassistiese leksikale items, definisies en gebruiksetikette van rassistiese items, en die aanwending van voorbeeldmateriaal van rassistiese items by definiense. Waar van toepassing, word geskikte definisies en doeltreffende gebruiksetikette aan die hand gedoen. <b>Sleutelwoorde:</b> definiense, drukgroepe, etnies, fauna en flora, gebruiksetikette, geografiese name, insluiting of weglating, interrassieel, multikulturele en poli-etniese gemeenskappe, nieprotesterende sosiale groepe, pragmatiese perspektief, ras, rassisties, rassistiese sekondêre betekenisse, rassistiese taal, rassistiese taal in die gemeenskap, rassistiese taal in woordeboeke, rassistiese uitdrukkings, skoolwoordeboeke, voorbeelde van rassistiese taal, voorbeeldmateriaal
Citeerhulp
Hauptfleisch, D. (1). Racist Language in Society and in Dictionaries: A Pragmatic Perspective. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1102
Sectie
Artikels/Articles