Afrikaans Learner's Dictionaries for a Multilingual South Africa

  • R.H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: aanleerderwoordeboek, adressering, eenvoud, eksplisietheid, ensiklopediese inligting, herwinbaarheid, illustrasieprente, inligtingsdigtheid, makrostruktuur, metaleksikografie, mikrostruktuur, teikengebruiker, toegangstruktuur, vertaalekwivalente, voorbeel

Samenvatting

<b>Afrikaanse aanleerderwoordeboeke vir 'n meertalige Suid-Afrika </b>Woordeboeke moet saamgestel word met inagneming van die behoeftes en eise van 'n spesifieke teikengebruiker. Binne die multikulturele en meertalige Suid-Afrika moet daar vir die behoeftes van verskillende groepe taalaanleerders voorsiening gemaak word. Hierdie artikel bespreek aspekte van Afrikaanse aanleerderwoordeboeke. Die klem is op die behoefte aan en kriteria vir sulke woordeboeke, op die teikengebruiker en ook op die makro- en mikrostrukturele inligting wat in so 'n woordeboek opgeneem moet word. In 'n aanleerderwoordeboek moet inligting op so 'n manier aangebied word dat dit probleemloos herwin kan word. Aandag word gegee aan toegangstrukture wat gebruik word om die herwinbaarheid van inligting te verhoog. Daar word aangevoer dat 'n beperkte en vereenvoudigde mikrostruktuur tot 'n verlaging in die inligtingsdigtheid lei maar tot 'n verhoging in die eksplisietheid en herwinbaarheid. 'n Ander benadering word voorgestel vir die opname van sekere tipes ensiklopediese inligting in aanleerderwoordeboeke. <b>Sleutelwoorde:</b> aanleerderwoordeboek, adressering, eenvoud, eksplisietheid, ensiklopediese inligting, herwinbaarheid, illustrasieprente, inligtingsdigtheid, makrostruktuur, metaleksikografie, mikrostruktuur, teikengebruiker, toegangstruktuur, vertaalekwivalente, voorbeeldmateriaal
Citeerhulp
Gouws, R. (1). Afrikaans Learner’s Dictionaries for a Multilingual South Africa. Lexikos, 3(1). https://doi.org/10.5788/3-1-1099
Sectie
Artikels/Articles