Ortographic and Morphological Problems in Headword Identification, Selection and Presentation in ALLEX

  • Herbert Chimhundu University of Zimbabwe, Harare, Zimbabwe
Trefwoorden: afrikatale, leksikale projek, leksikografie, lemmaseleksie, lemma-aanbieding, lemma-identifikasie, morfologiese probleme, ortografiese probleme

Samenvatting

<b>Ortografiese en morfologiese probleme by lemma-identifikasie, -seleksie, en -aanbieding in ALLEX</b>Hierdie artikel bespreek aspekte van 'n voortgesette leksikale rekenariseringsprojek by die Universiteit van Zimbabwe, bekend as ALLEX, die akroniem vir African Languages Lexical Project. ALLEX is 'n gesamentlike, veelfasettige, langtermyn-, rekenaargesteunde leksikografieprojek wat hom dit ten doel stel om 'n reeks woordeboeke, woordelyste en ander taalnaslaanwerke in die inheemse tale van Zimbabwe te produseer. Die projek begin met die eerste eentalige Shonawoordeboek, wat reeds in 'n gevorderde stadium van bewerking is en ook die die eerste korpusgebaseerde woordeboek in Zimbabwe sal wees. Die artikel beperk hom tot probleme in verband met woordvormingsprosesse in Shona, spesifiek met verwysing na die leksikograaf se behoefte om eenvormigheid te handhaaf by (i) die identifikasie van woordvorme as lemmas in die lopende teks van die korpus, (ii) die seleksie uit hierdie lemmas om te besluit watter om in die woordeboek in te sluit, en (iii) die aanbieding van hierdie inskrywings in die standaardortografie. Ten eerste word 'n skets gegee van die projek se agtergrond, doelstellings, prioriteite, riglyne en die werk wat aan die gang is. Dan fokus die artikel op spesifieke probleme wat teëgekom is, en bespreek hulle en sommige van die oplossings in die lig van rekenaarleksikografie, met besondere verwysing na konkordansieskepping. Dit sal duidelik word dat die probleme wat deur die ALLEX-span teengekom is, te doen het met die Shonataal se onbeperkte vermoë tot basiese woordvorming en woordvorming deur afleiding, 'n eienskap wat dit met die ander tale in die Bantoefamilie deel. Daarom word daar aangedui dat hierdie probleme en die oplossings wat uitgewerk word, baie wyer implikasies het wat verder reik as Shona en Zimbabwe.
Citeerhulp
Chimhundu, H. (1). Ortographic and Morphological Problems in Headword Identification, Selection and Presentation in ALLEX. Lexikos, 4(1). https://doi.org/10.5788/4-1-1080
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles