Lexical Co-occurrence and Lexical Inheritance. Emotion Lexemes in German: A Lexicographic Case Study

  • Igor A. Mel'chuk Département de Linguistique, University of Montreal, Canada
  • Leo Wanner Institut für Linguistiek/Romanistik, University of Stuttgart, Germany
Trefwoorden: leksikografie, leksikon, duitse emosielekseme, leksikale verbindinge, kollokasies, teorie van betekenisteks, leksikale funksies, semantiese kenmerke, semanties-leksikale korrelasies, inligtingsonttrekking, erfenis, individuele leksikale subinskrywing, alg

Samenvatting

<b>Leksikale verbindinge en leksikale erfenis. Emosielekseme in Duits: 'n Leksikografiese gevallestudie</b>In hierdie dokument bespreek ons die probleem van die bondige en doeltreffende voorstelling volgens semantiese beginsels van inligting oor beperkte leksikale verbindinge in die leksikon. Die teoretiese raamwerk vir hierdie studie is die <i>Teorie van Betekenisteks</i> (MTT) en, meer spesifiek, die leksikografiese deel van MTT --- die <i>Explanatory Combinatorial Dictionary</i> (ECD), wat die volgende vir elke lekseem bevat: (i) sy semantiese definisie, (ii) 'n sistematiese beskrywing van sy beperkte leksikale verbindinge in terme van <i>Leksikale Funksies</i> en (iii) sy <i>Bepalingspatroon</i>. Die inligtingsterrein is die semantiese veld van emosielekseme in Duits. Om die beperkte leksikale verbindinge (of kollokasies) van die lekseme in hierdie veld voor te stel, doen ons die volgende prosedure aan die hand: 1.    Stel benaderde beskrywings van hulle betekenis op, d.i. wat ons die <i>afgekorte leksikografiese definisies</i> noem. Geformuleer in terme van semantiese kenmerke, is hierdie definisies veronderstel om soveel semantiese inligting te voorsien as wat nodig is om korrelasies tussen die semantiese kenmerke van 'n lekseem en sy kollokasies vas te stel. 2.    Spesifiseer hulle sintaktiese Bepalingspatrone, wat nodig is vir 'n duideliker beeld van hulle verbindinge --- sowel sintakties as leksikaal. 3.    Spesifiseer hulle beperkte leksikale verbindinge met die gekose werkwoorde. 4.    Stel korrelasies vas tussen die waardes van die LF's en die semantiese kenmerke in die verkorte definisies van emosielekseme. 5.    Onttrek herhalende waardes van LF's (en herhalende Bepalingspatrone) aan individuele leksikale inskrywings wat op hierdie korrelasies gebaseer is en lys hulle onder wat ons die <b>generiese</b> lekseem van die semantiese veld onder bespreking noem --- in hierdie geval <b>GEFÜHL</b> 'emosie'. Dit lei enersyds na "verdigte" leksikale inskrywings vir emosielekseme, en andersyds na die skepping van 'n nuwe tipe leksikale inskrywing: die "algemene" inskrywing van 'n generiese lekseem. <b>Sleutelwoorde:</b> leksikografie, leksikon, duitse emosielekseme, leksikale verbindinge, kollokasies, teorie van betekenisteks, leksikale funksies, semantiese kenmerke, semanties-leksikale korrelasies, inligtingsonttrekking, erfenis, individuele leksikale subinskrywing, algemene leksikale subinskrywing
Citeerhulp
Mel’chuk, I. A., & Wanner, L. (1). Lexical Co-occurrence and Lexical Inheritance. Emotion Lexemes in German: A Lexicographic Case Study. Lexikos, 4(1). https://doi.org/10.5788/4-1-1077
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles