The National Terminology Services: A New Paradigm

  • Milde Jordaan-Weiss National Terminology Services, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: nasionale terminologiediens (ntd), veeltaligheid, terminologiebestuurstelsel (tbs), agtergrond, struktuur, beleid, terminologiese prosesse, terminologieprodukte, doelwitte, strategieë

Samenvatting

<b>Die Nasionale Terminologiediens: 'n nuwe paradigma</b>Die Nasionale Terminologiediens (NTD) moet as deel van die Sentrale Regering van Suid-Afrika beleid implementeer soos deur die regering bepaal. Daarom moes die NTD noodgedwonge 'n paradigmaskuif ondergaan in 'n nuwe bedeling. Die beleid, prosesse en produkte in die vorige bedeling word bespreek, asook die visie en doelwitte vir die toekoms. Aangesien geen kommunikasie moontlik is sonder terminologie nie, en geen ontwikkeling of bemagtiging sonder kommunikasie kan plaasvind nie, het die NTD 'n onmisbare rol om te speel in die implementering van die Herontwikkeling en Opbouprogram (HOP). Die NTD het die infrastruktuur en kennis om die ontwikkeling van die inheemse Suid-Afrikaanse tale te fasiliteer. Probleme wat ontstaan as gevolg van die implementering van veeltalige terminografie en die strategieë wat geïmplementeer word om dit te oorkom, word bespreek. 'n Nuwe Terminologiebestuurstelsel (TBS) wat in staat is om die dokumentering van die 11 amptelike tale te hanteer, geniet tans hoë prioriteit. Daar die kliëntebasis van die NTD verbreed het as gevolg die bykomende amptelike tale, moet produkte aangepas word, veranderende terminologiebehoeftes in ag geneem word, en die beskikbaarheid van terminologie verbeter word. Die NTD hoop om op hierdie wyse by te dra tot die bevordering van wedersydse wetenskaplike en tegniese kommunikasie in Suid-Afrika.  
Citeerhulp
Jordaan-Weiss, M. (1). The National Terminology Services: A New Paradigm. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1070
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria