Beleid vir die hantering van beledigende en sensitiewe leksikale items in die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i>

  • P. Harteveld Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika
  • A.E. van Niekerk Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: beleid, hantering, beledigende leksikale items, sensitiewe leksikale items, woordeboek, woordeboek van die afrikaanse taal, simplekse, komposita, uitdrukkings, algemene gebruiklikheidskriterium, etikettering, sinonieme, metataal, kollokasies, poëme, sitat

Samenvatting

Skema van die beleid vir die hantering van beledigende en sensitiewe leksikale items in die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i>: Gemeenskaplik aan alle sensitiewe leksikale items ---   alle simplekse, komposita en uitdrukkings word gelemmatiseer ---   almal voldoen aan die algemene gebruiklikheidskriterium van die Buro ---   duidelike en juiste etikettering vind plaas, ook by kwetsende sinonieme ---   die metataal is neutraal ---   geen kollokasies en poëme word opgeneem nie ---   sitate (waar wel gegee) word sensitief gekies ---   artikels word deur toepaslike adviseurs gekontroleer A.    Rassismes 1.    Hantering in die WAT (a)   Volledig rassistiese leksikale items ---   definisie word gegee by die gebruiklikste neutrale sinoniem; geen rassistiese sinonieme word egter by 'n neutrale of rassistiese item opgeneem nie ---   geen semantiese opposisies word gegee nie ---   geen sitate word gegee nie ---   uitdrukkings word verklaar; geen sinonieme, antonieme, verwysings en voorbeeldmateriaal word egter daarby gegee nie ---   dieselfde hanteringswyse geld vir rassistiese uitdrukkings onder neutrale lemmas ---   volledige bewerking geskied in elektroniese vorm (sien 2 hier onder) (b)   Gedeeltelik rassistiese leksikale items ---   neutrale betekenisonderskeidings word volledig bewerk ---   rassistiese betekenisonderskeidings en uitdrukkings word behandel soos volledig rassistiese leksikale items 2.    Hantering in die elektroniese manuskrip ---   sinoniemverwysings, sinoniemvermeldings en semantiese opposisies word gegee ---   sitate word gegee ---   elektroniese manuskrip is op aanvraag beskikbaar B.    Seksismes en sensitiewe leksikale items wat gestigmatiseerde seksuele verskynsels, praktyke en voorkeure by die mens aandui ---   die definisie kom by die gebruiklikste neutrale sinoniem ---   sinoniemverwysing en sinoniemvermelding vind plaas ---   antonieme en formele verwysings word gegee ---   sitate word gegee ---   uitdrukkings word verklaar C.    Sensitiewe leksikale items wat gestigmatiseerde fisieke of geestelike toestande en verskynsels by die mens aandui ---   bewerking vind plaas soos onder B hier bo D.    Sensitiewe leksikale items binne 'n sosiale, politieke en godsdienstige struktuur ---   bewerking vind plaas soos onder B hier bo E.    Plat en vulgêre leksikale items, skeltaal en vloeke ---   bewerking vind plaas soos onder B hier bo <b>Sleutelwoorde:</b> beleid, hantering, beledigende leksikale items, sensitiewe leksikale items, woordeboek, woordeboek van die afrikaanse taal, simplekse, komposita, uitdrukkings, algemene gebruiklikheidskriterium, etikettering, sinonieme, metataal, kollokasies, poëme, sitate, adviseurs, rassistiese leksikale items, neutrale lemmas, elektroniese manuskrip, verwysings, semantiese opposisie, seksismes, gestigmatiseerde seksuele verskynsels, gestigmatiseerde fisieke toetstande, gestigmatiseerde geestelike toestande, politieke items, godsdienstige items, plat leksikale items, vulgêre leksikale items, skeltaal, vloekwoorde
Citeerhulp
Harteveld, P., & van Niekerk, A. (1). Beleid vir die hantering van beledigende en sensitiewe leksikale items in die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i&gt;. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1067
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria