Language Teaching and Dictionary Use: An Overview

  • Adelia Carstens University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: woordeboekpedagogiek, vaardighede in woordeboekgebruik, taalvaardigheid, taalonderrig, naslaanvaardighede

Samenvatting

<b>Taalonderrig en woordeboekgebruik: 'n oorsig</b>Die hoofoogmerk in taalonderrig is om die taalvaardigheid van leerlinge te verbeter met betrekking tot lees, skryf, praat en luister. Die woordeboek is maar een van die hulpmiddels wat gebruik kan word om hierdie doel te bereik. Daar is egter 'n aantal struikelblokke wat in die weg lê van die optimale benutting van woordeboeke. Swak naslaanvaardighede en gebrekkige kennis aangaande woordeboektipologie blyk die belangrikste probleme te wees. Daar word van die standpunt uitgegaan dat woordeboekgebruiksvaardighede wel verbeter kan word deur die onderrig van naslaanstrategieë, verkieslik deur woordeboekgebruiksoefeninge met ander leeraktiwiteite te integreer, en deur die oefeninge te struktureer op basis van die verloop van die naslaanproses. Die ideaal is dat daar met woordeboekpedagogiek in die moedertaalklas gedurende die primêre onderwysfase begin word. Leerlinge en studente sal egter beslis ook daarby baar as woordeboekvaardighede gedurende die intermediêre fases van tweede en vreemdetaalonderrig onderrig word. Die verwagting word gestel dat leerlinge wat proefondervindelik oortuig geraak het van woordeboeke se probleemoplossende potensiaal, selfstandige leerders sal word wat sal aanhou om woordeboeke te gebruik selfs nadat die tydperk van formele taalonderrig afgesluit is.  
Citeerhulp
Carstens, A. (1). Language Teaching and Dictionary Use: An Overview. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1059
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles