Linguistic Assumptions and Lexicographical Traditions in the African Languages

  • E.B. van Wyk Jeffreys Bay, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, woordeboek, afrikatale, ngunitale, zulu, sothotale, noord-sotho, suid-sotho, venda, tsonga, morfologie, morfofonologie, woordverdeling, tradisie, aanname

Samenvatting

<b>Linguistiese aannames en leksikografiese tradisies in die Afrikatale</b>Twee leksikografiese tradisies kom in die Suid-Afrikaanse Afrikatale voor. Volgens die woord-tradisie word lemmas gebaseer op geskrewe woorde en is daar 'n een-een-verhouding tussen geskrewe woorde en lemmas. Volgens die stam-tradisie word lemmas gebaseer op woordstamme wat ontdaan is van prefikse. Daar word aangetoon dat die verskil slegs op naamwoordlemmas betrekking het en dat die stambenadering, wat deur baie linguiste onkrities as meer wetenskaplik beskou word, gebaseer is op foutiewe aannames i.v.m. die morfologie van naamwoorde, dat dit nie konsekwent toegepas kan word nie, en dat dit minder gebruikersvriendelik is. Die gevolgtrekking is dat die woordtradisie op suiwerder leksikografiese beginsels berus.  
Citeerhulp
van Wyk, E. (1). Linguistic Assumptions and Lexicographical Traditions in the African Languages. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1057
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles