Lexicographical Problems in isiXhosa

  • Buyiswa M. Mini Xhosa Dictionary Project, University of Fort Hare, Alice
Trefwoorden: isixhosa, drietalige woordeboek, meerdelige woordeboek, kulturele konteks, addenda, insluiting, oorspronklikheid, akkuraatheid, taalverandering, eieskeppings, onbepaaldheid, alfabetisering, natuurlikheid, ortografie, rekenaarleksikografie, navorsing, taal

Samenvatting

<b>Leksikografiese probleme in isiXhosa</b>Werk aan die isiXhosa-leksikografie het gelei tot die interessante ontdekking dat die beskrywing van die isiXhosa-leksikon talle uitdagings van beide semantiese en niesemantiese aard bied. Die probleme wat teengekom is, waarvan sommige in hierdie artikel beskryf word, sluit in: gebrekkige begrip vir die aard, diepte en omvang van die werk betrokke by die saamstel van woordeboeke, ingewikkeldhede eie aan die taal, faktore wat die konsekwentheid in metodologie en ander aspekte beïnvloed, asook nielinguistiese sake soos ortografie, finansies, tegnologie en relevante vaardighede. Sommige van die probleme ontstaan uit die blote besef dat woordeboeke 'n belangrike rol speel in "... eliminating obstacles in communication" (Alberts 1992: 1), en die gevolglike wens of strewe om sover moontlik 'n perfekte woordeboek daar te stel. <b>Sleutelwoorde:</b> isixhosa, drietalige woordeboek, meerdelige woordeboek, kulturele konteks, addenda, insluiting, oorspronklikheid, akkuraatheid, taalverandering, eieskeppings, onbepaaldheid, alfabetisering, natuurlikheid, ortografie, rekenaarleksikografie, navorsing, taalverteenwoordigendheid, taalbeplanning
Citeerhulp
Mini, B. M. (1). Lexicographical Problems in isiXhosa. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1055
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles