Die invloed van rekenarisering op die leksikografiese terminologie

  • Pieter Harteveld Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: rekenarisering, leksikografie, handleksikografie, rekenaarleksikografie, leksikografiese terminologie, rekenaarleksikografiese terminologie, terminologiese eenheid, woordeboekinskrywing, voorwerkinskrywing, woordelysinskrywing, agterwerkinskrywing, aangaw

Samenvatting

Waar nuwe tegnologiese ontwikkelinge soos die rekenaar en nuwe wetenskaplike dissiplines soos die rekenaarwetenskap bestaande vakgebiede binnedring, oefen hulle terminologies 'n invloed daarop uit. Dit is die ook geval in die gerekenariseerde leksikografie. In hierdie artikel word daar onder andere aan die hand van publikasies van F.J. Hausmann en H.E. Wiegand en gekyk na resente leksikografiese terminologie ten einde in hierdie terminologie voorsiening te maak vir die relatief nuwe terrein van die <b>rekenaarleksikografie</b>, wat hier, net soos die terrein van die sogenaamde <b>handleksikografie</b>, as 'n subterrein van die leksikografie beskou word. Met die oog op hulle naamgewing word enkele leksikografiese verskynsels van naderby beskou. Nuwe terme wat spesifiek op die rekenaarleksikografie betrekking het en alternatiewe vir sekere gevestigde terme in die leksikografieteorie en -praktyk word vervolgens voorgestel. Hierdie voorstelle maak dit moontlik dat die rekenaarleksikografie terminologies naatloos by die ouer handleksikografie aansluit. Sodoende word die terminologiese eenheid in die leksikografie verseker. <b>Sleutelwoorde:</b> rekenarisering, leksikografie, handleksikografie, rekenaarleksikografie, leksikografiese terminologie, rekenaarleksikografiese terminologie, terminologiese eenheid, woordeboekinskrywing, voorwerkinskrywing, woordelysinskrywing, agterwerkinskrywing, aangawe, struktuuraanwyser, toegangsinskrywing, gebruikertoegangsinskrywing, rekenaartoegangsinskrywing
Citeerhulp
Harteveld, P. (1). Die invloed van rekenarisering op die leksikografiese terminologie. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1054
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles