Problems in Swahili Lexicography

  • Albina R. Chuwa Institute of Kiswahili Research, University of Dar es Salaam
Trefwoorden: amateur, kategorie, samesteller, korpus, databank, dialek, woordeboekinskrywing, frekwensie, grammatika, grammatikale kategorie, trefwoord, lemma, leksikografie, betekenis, doelstelling, probleem, seleksie (van inskrywing), bron, standaardwoordeboek, sino

Samenvatting

<b>Probleme in Swahili leksikografie</b>Swahili-woordeboeke is op die mark sedert 1882. Die meeste van hierdie woordeboeke is saamgestel deur buitelanders wat ¢f sendelinge ¢f politieke amptenare werksaam in Oos-Afrika was. Alhoewel die geskiedenis van die samestelling van Swahili woordeboeke daarop dui dat dit al 'n hele aantal jare bestaan, is die leksikografie steeds 'n baie nuwe veld betreffende werk gedoen deur Tanzaniërs. Die eerste Swahili eentalige woordeboek saamgestel deur 'n span Tanzaniese woordeboekamateurs is in 1981 gepubliseer. Weens 'n gebrek aan ervaring in die leksikografieveld ervaar die samestellers verskillende soorte probleme wat spruit uit ¢f die tegniese vlak (waar oplossings buite die vermoë van die woordeboeksamestellers is) ¢f die praktiese vlak (waar oplossings meer by die werkspan berus). Wanneer die twee vlakke saamval, maak dit die taak van die woordeboeksamestellers selfs nog moeiliker, wat steun van buite die span vereis. Die voorbeeldprobleme wat in hierdie artikel bespreek word, alhoewel nie uitputtend nie, lewer probleme op vir die Swahili-woordeboeksamestellers. Onder hierdie probleme is: 1.    Fiskale beperkings wat samestellers dwing om 'n omvattende doelmark in aanmerking te neem, wat die woordeboekdoelwitte te wyd maak om bevredigend in die behoefte van enige groep te voorsien. 2.    Die keuse van taal (standaard- versus niestandaardvariëteite) beperk die uitbreiding van die bestaande woordeskat in Swahili-woordeboeke. 3.    Die bepaling van lemmas en hul grammatikale kategorieë vereis steeds spesiale aandag van Swahili-grammatici en -strukturaliste. <b>Sleutelwoorde:</b> amateur, kategorie, samesteller, korpus, databank, dialek, woordeboekinskrywing, frekwensie, grammatika, grammatikale kategorie, trefwoord, lemma, leksikografie, betekenis, doelstelling, probleem, seleksie (van inskrywing), bron, standaardwoordeboek, sinoniem, doelwit
Citeerhulp
Chuwa, A. R. (1). Problems in Swahili Lexicography. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1049
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria