Die negende deel van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i>

  • Ilse Feinauer Dept. Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: affikse, afkortings, databasis, homonimie, idiome, leksikale betekenis, leksikale lemma, leksikografie, makrostruktuur, mikrostruktuur, multileksikale lemma, omvattende woordeboek, poµme, polisemie, rassisme, resensie, seksisme, sitate, subleksikale lemma

Samenvatting

Deel nege van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i> (<i>WAT</i>) is die eerste produk van 'n heel nuwe bestel van die Buro van die WAT: dit is naamlik die eerste deel van die nuwe hoofredakteur, die redaksionele stelsel is ingrypend hersien, en <i>WAT</i> IX is volledig as kantoorpublikasie tot stand gebring. Hierdie resensieartikel wil vasstel of die nuwe werksbenadering werklik vernuwing in die woordeboek as sodanig teweeggebring het. Daar word ondersoek ingestel na die algemene vorm en voorkoms van die woordeboek, maar die artikel konsentreer hoofsaaklik op die alfabetiese deel van die woordeboek. Aandag word gegee aan die toepassing van die jongste leksikografieteorie, maar ook aan die mate waarin <i>WAT</i> IX aanpassings gemaak het op grond van kritiek wat op vorige dele gelewer is. Wat vorm en voorkoms betref, is <i>WAT</i> IX so aangepas dat dit een van die gebruikervriendelikste Afrikaans verklarende woordeboeke is. Makrostruktureel toon <i>WAT</i> IX leksikografiese wins in sy opname van subleksikale en multileksikale lemmas, en die plasing van afkortinglemmas. Mikrostruktureel word die lemmas beter bewerk en die spektrum van taalkundige inligtingtipes is meer uitgebrei. Die verbeterings word egter nie oral konsekwent deurgevoer nie. <b>Sleutelwoorde:</b> affikse, afkortings, databasis, homonimie, idiome, leksikale betekenis, leksikale lemma, leksikografie, makrostruktuur, mikrostruktuur, multileksikale lemma, omvattende woordeboek, poµme, polisemie, rassisme, resensie, seksisme, sitate, subleksikale lemma, tipografie, uitspraakleiding, voorbeeldmateriaal
Citeerhulp
Feinauer, I. (1). Die negende deel van die <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i&gt;. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1035
Sectie
Resensieartikels/Review Articles