Authenticating the Vocabulary: A Study in Seventeenth-Century Lexicographical Practice

  • N.E. Osselton University of Newcastle, England
Trefwoorden: eentalig, engels, leksikografie, moeilike woorde, renaissance, stawing, woordeboek, woordeskat

Samenvatting

<b>Stawing van die woordeskat: 'n Studie van sewentiende-eeuse leksikografiese praktyk</b>Thomas Blount is uniek onder Engelse samestellers van die sewentiende eeu deurdat hy boeke en outeurs sistematies noem as getuienis vir die gebruik van woorde wat in sy woordeboek opgeneem is. Sodanige dokumentasie van die woordeskat sou tans geassosieer word met wetenskaplike historiese woordeboeke soos Johnson en die OED, eerder as met 'n klein woordeboek vir algemene gebruik. In sy <i>Glossographia</i> (1656) verskil Blount hiervan deur veral te verwys na tydgenootlike werke (en sonder om aanhalings te gee) en deur selektief te wees in sy stawings, vir omtrent een uit twintig van alle inskrywings. Daar word 'n analise aangebied van die tipes woorde wat so hanteer is, en van die verskillende doelstellings wat deur sy verwysings na eksterne bronne bereik word: hy sien die noodsaaklikheid daarvan in om die minder stabiele deel van die Engelse woordeskat van sy tyd te staaf --- neologismes, eksotiese terme, semitegniese en geleerde woorde. Blount het hierdie leksikografiese tegniek waarskynlik afgelei van die Latynse woordeboeke van sy tyd. 'n Eeu voor dr. Johnson het hy sommige van dieselfde probleme ervaar om inskrywings wat in sy woordeboek gemaak is, te regverdig, en hy het ander maar net sulke geldige antwoorde daarop gelewer.  
Citeerhulp
Osselton, N. (1). Authenticating the Vocabulary: A Study in Seventeenth-Century Lexicographical Practice. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1034
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles