Lexical Culture

  • Reinhard Rudolf Karl Hartmann University of Exeter, United Kingdom
Trefwoorden: linguistiek (etimologie, morfologie, grammatika, semantiek), kontrastiewe tekstologie (parallelle tekskorpusse), leksikografie (verwysingswetenskap, woordeboeknavorsing), kultuur

Samenvatting

<b>Leksikale kultuur</b>In hierdie artikel word gekonsentreer op die gemeenskaplikhede tussen die linguistiek en die leksikografie. Teen die agtergrond van die etimologie en vergelykend-historiese linguistiese studies en met 'lexical' en 'culture' as voorbeelde, word 'n poging aangewend om die relevansie van morfologie, grammatika en semantiek aan te dui in die beskrywing van die woordeskat en die leksikografiese kodifiëring daarvan. Kwessies van buitetalige verskeidenheid en intertalige uiteenlopendheid word ook aangespreek binne die teoretiese raamwerk van kontrastiewe tekstologie, ondersteun deur rekeneaargesteunde parallelle tekskorpusanalise. Leksikografie is egter nie heeltemal afhanklik van die resultate van linguistiese navorsing nie; dit moet verder vorder en 'n eie teoretiese basis ontwikkel. Onlangse ontwikkeling in vier velde van woordeboeknavorsing het inderdaad bygedra tot 'n internasionale oplewing van 'leksikale kultuur'.  
Citeerhulp
Hartmann, R. R. K. (1). Lexical Culture. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1032
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles