Leksikografiese behoeftevervulling

  • Rufus H. Gouws Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: algemene leksikografieteorie, behoeftevervulling, gebruikersvriendelikheid, geskiedenis van woordeboeke, leksikografie, metaleksikografie, woordeboek, woordeboekgebruik, woordeboekkritiek, woordeboekkultuur, woordeboektipologie

Samenvatting

'n Meertalige, multikulturele Suid-Afrika het eiesoortige leksikografiese behoeftes en die vervulling hiervan verg indringende beplanning asook die aanwending van 'n doeltreffende organisasieteorie. In hierdie artikel word aandag gegee aan enkele prioriteite vir die vervulling van die Suid-Afrikaanse leksikografiese behoeftes. Daar word van die standpunt uitgegaan dat die inhoud van 'n woordeboek sowel as die aanbieding van inligting gerig moet wees op 'n duidelik omskrewe teikengebruiker. Nie net die linguistiese behoeftes van hierdie gebruiker nie maar ook sy naslaanvaardighede speel 'n rol by die beplanning van 'n spesifieke woordeboek. Aan die hand van 'n metaleksikografiese model word verskillende aspekte bespreek wat 'n invloed op die vasstelling van prioriteite in die vervulling van leksikografiese behoeftes kan hê. Leksikograwe en voornemende leksikograwe moet vertroud wees met woordeboekgebruik, woordeboekkritiek, die geskiedenis van woordeboeke sowel as 'n algemene leksikografieteorie. Die waarde van beplanning en opleiding word deurgaans sterk beklemtoon. Opleiding moet nie net op woordeboekopstellers gerig wees nie maar ook op woordeboekgebruikers. Leksikografiese behoeftevervulling word makliker bereik in 'n omgewing waar 'n woordeboekkultuur reeds gevestig is.  
Citeerhulp
Gouws, R. H. (1). Leksikografiese behoeftevervulling. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1031
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles