Textual Condensation in Printed Dictionaries. A Theoretical Draft

  • Herbert Ernst Wiegand Germanistisches Seminar der Universität Heidelberg, 69117 Heidelberg, Germany
Trefwoorden: leksikografie, tekstuele verdigting, leksikografiese teorie, woordeboekartikel, leksikografiese tekstualisering, leksikografiese terminologie, leksikografiese mikrostruktuur, leksikografiese makrostruktuur, binnetekstuele verdigting, buitetekstuele verdig

Samenvatting

<b>Tekstuele verdigting in gedrukte woordeboeke. 'n Teoretiese konsep</b>Hierdie artikel bied 'n uittreksel van 'n teorie van leksikografiese tekste wat spesifiek handel oor woordeboekartikels. Feitlik alle kenmerke van woordeboekartikels wat as tipies leksikografies beskou word, kan gesien word as die resultaat van tekstuele verdigtingsprosesse. 'n Teorie van tekstuele verdigting in die leksikografie maak dit dus moontlik om leksikografiese tekstuele verdigting vanuit 'n uniforme perspektief te analiseer; dit stel ons in staat om die graad van tekstuele verdigting presies te bepaal, en dra by tot die daarstelling van 'n wetenskaplike predikaat <i>meer gebruikersvriendelik as</i>, en lewer insigte wat die formulering van woordeboekartikels meer onderrigbaar maak. Die teorie bestaan uit twee dele: 'n deelteorie van binnetekstuele verdigting en 'n deelteorie van buitetekstuele verdigting. Die eerste gedeelte verduidelik hoe tekstuele verdigting verstaan kan word as 'n proses wat verloop van 'n volle teks ('n teks wat volledige samehang en eksplisiete sintaksis vertoon) na 'n verkorte artikelteks (met adressering as sintaktiese plaasvervanger en die afhanklikheid van 'n metateks). In die geval van 'n monosemiese lemmamerker verloop die tekstuele verdigtingsproses slegs deur een stadium en dit word hier toegelig. By polisemiese lemmamerkers is daar 'n tweede stadium wat verskuiwings na links insluit. Sommige artikeltipes met sekere mikrostrukture soos die aangehegte mikrostrukture mag deur 'n derde stadium van tekstuele verdigting gaan, met gepaardgaande verskuiwings na regs. Die tweede deel van die teorie handel oor die verkortingsprosesse wat betrekking het op die draers van die gidselement en wat onder andere lei tot verwysingsartikels en lemmagroepe. Ter afsluiting word die aandag gevestig op 'n ander vorm van tekstuele verdigting, nl. die verhouding van gedrukte karakters tot die totale gedrukte materiaal. <b>Sleutelwoorde:</b> leksikografie, tekstuele verdigting, leksikografiese teorie, woordeboekartikel, leksikografiese tekstualisering, leksikografiese terminologie, leksikografiese mikrostruktuur, leksikografiese makrostruktuur, binnetekstuele verdigting, buitetekstuele verdigting  
Citeerhulp
Wiegand, H. E. (1). Textual Condensation in Printed Dictionaries. A Theoretical Draft. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1029
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles