Bilingual Dictionaries and Communicative Equivalence for a Multilingual Society

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: adresseringsprosedures, eksterne toegangstruktuur, gebruikersperspektief, interne toegangstruktuur, kommunikatiewe ekwivalensie, leksikografie, lemmatiese adressering, nielemmatiese adressering, soekroete, toegangstruktuur, toegevoegde teks, vertalende wo

Samenvatting

<b>Vertalende woordeboeke en kommunikatiewe ekwivalensie vir 'n meertalige gemeenskap</b>In 'n meertalige gemeenskap speel vertalende woordeboeke 'n belangrike rol om kommunikatiewe sukses tussen die sprekers van die verskillende tale te help bewerk. Vir taalgebruikers wat in 'n meertalige gemeenskap woon, is 'n vertalende woordeboek dikwels die enigste woordeboek waaroor hulle beskik. So 'n woordeboek moet gevolglik 'n meerdoelige gebruiksinstrument wees met 'n hoër inligtingslading as net die aanbieding van vertaalekwivalente. In hierdie artikel word die inhoud sowel as die aanbieding van vertalende woordeboeke aan die orde gestel. Om 'n optimale inligtingsoordrag vir Suid-Afrikaanse vertalende woordeboeke te probeer bereik, word sekere tekortkominge aangedui en bespreek. Met die klem op die gebruikersperspektief, word daar aan die hand van metaleksikografiese bevindinge gekyk na probleme met die toegangstruktuur asook die adresseringsprosedures in Afrikaanse vertalende woordeboeke. Die uitbreiding van die eksterne toegangstruktuur en innoverende aanpassings in die interne toegangstruktuur, onder meer die benutting van toegevoegde tekste, word voorgestel. 'n Verskuiwing in die adresseringsprosedures om vir meer gevalle van nielemmatiese adressering voorsiening te maak, word ook voorgestel.<b>Sleutelwoorde:</b> adresseringsprosedures, eksterne toegangstruktuur, gebruikersperspektief, interne toegangstruktuur, kommunikatiewe ekwivalensie, leksikografie, lemmatiese adressering, nielemmatiese adressering, soekroete, toegangstruktuur, toegevoegde teks, vertalende woordeboek, woordeboek
Citeerhulp
Gouws, R. H. (1). Bilingual Dictionaries and Communicative Equivalence for a Multilingual Society. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1023
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles