Remarks on the Lexicographical Treatment of Metaforms

  • William Frawley Department of Linguistics, University of Delaware, Newark, DE USA 19716
Trefwoorden: adverbium, definisie, diskoersmerker, <i>even</i>, fokuspartikel, gebruik, <i>just</i>, komplementeerder, konjunksie, kwotatief, leksikografie, <i>like</i>, metavorme, <i>now</i>, setsel, <i>then</i>, tussenwerpsel, verwysingswoorde, woordsoort, woordvorm

Samenvatting

<b>Opmerkings oor die leksikografiese hantering van metavorme</b>In hierdie artikel word die metode bespreek waarop woordeboeke metavorme beskryf, d.w.s. items wat na die taalsisteem self verwys (bv. voornaamwoorde en verwysingswoorde). Die artikel toon ten eerste die inkonsekwente grammatikale klassifikasie van metavorme aan, wat gewoonlik en verkeerdelik gekategoriseer word as bywoorde, voegwoorde, setsels en tussenwerpsels. Daar word dan geredeneer dat metavorme in hulle tans bekende grammatikale kategorieë geklassifiseer behoort te word: diskoersmerker (<i>now</i> "nou"), fokuspartikel (<i>even</i> "selfs", <i>like</i> "soos"), kwotatief (<i>like</i> "soos"), ensovoorts. Die definisie van metavorme, met illustrasie van hulle verkeerde en misleidende semantiese karakterisering, en voorstelle om hulle denotasies konsekwent vas te vang, word daarna bespreek. Hierdie studie van die leksikografie van metavorme is eintlik 'n gevallestudie van hoe die maak van woordeboeke beïnvloed sou kon word deur die oordeelkundige gebruik van die hedendaagse grammatikale, semantiese en pragmatiese teorie.
Citeerhulp
Frawley, W. (1). Remarks on the Lexicographical Treatment of Metaforms. Lexikos, 6(1). https://doi.org/10.5788/6-1-1022
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles