Optimising Data Utilisation in Lexicography: The Case of the <i>Khoekhoegowab Dictionary</i>

  • Wilfrid Heinrich Gerhard Haacke Department of Language and Literature Studies, University of Namibia, Windhoek, Namibia
Trefwoorden: outomatisering, sagteware vir woordeboeksamestelling, dataherwinning, databasiskonfigurasie, databasisverslag, platlêerdatabasis, vorm, inligtingsgenerering, khoe, khoesaanwoordeboeke, leksikografie, naslaanhulpmiddels, multifunksionaliteit, navraaghulpmi

Samenvatting

Die optimalisering van datagebruik in die leksikografie: Die geval van die Khoekhoegowab Woordeboek.Verskeie leksikografiese projekte — veral in die Khoe- en Saantale — gebruik 'n woordverwerker met die uitsluitlike doel om 'n gedrukte woordeboek saam te stel, of het dit tot onlangs nog so gebruik. Dit gebeur ondanks die opkoms van generiese leksikografiese sagteware, wat gelei het tot die vinnige vooruitgang van die multifunksionaliteit van leksikale databasisse in Suider-Afrika. Daarom gaan hierdie artikel in op die geval van die Khoekhoegowab Woordeboekprojek, hoe gekoopte DOS-gebaseerde databasissagteware vroeg in die 1990's as deel van 'n "tuisgemaakte" doelgemaakte woordeboekskryfstelsel opgestel is. Daar word op 'n nietegniese manier getoon dat die gebruik van 'n gestruktureerde databasis met volwaardige herwinningshulpmiddels verreikende uitskakeling van menslike foute in 'n woordeboek bewerkstellig, die outomatisering van prosesse soos taalomkering en sortering toelaat, en uiteindelik die bruikbaarheid van die data aansienlik verhoog vir doeleindes buiten woordeboeksaamstelling in vaste mediums. Daar word geargumenteer dat die samestelling van 'n woordeboek sonder uitgebreide navraaghulpmiddels soos voorsien deur tabellariese databasisse, 'n verspeelde geleentheid is, aangesien dit moontlik behoort te wees om leksikografiese data te benut vir meer as net leksikografie. Teen 2010 is die data in oopbronsagteware geberg om te verseker dat dit optimaal voortleef in digitale vorm vir toekomstige gebruik. Sleutelwoorde: outomatisering; sagteware vir woordeboeksamestelling; dataherwinning; databasiskonfigurasie; databasisverslag; platlêerdatabasis; vorm; inligtingsgenerering; khoe; khoesaanwoordeboeke; leksikografie; naslaanhulpmiddels; multifunksionaliteit; navraaghulpmiddels; herwinningshulpmiddels; sagteware; tone
Gepubliceerd
2012-11-23
Citeerhulp
Haacke, W. H. G. (2012). Optimising Data Utilisation in Lexicography: The Case of the <i>Khoekhoegowab Dictionary</i&gt;. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1014
Sectie
Projekte/Projects