A Critique of the Controlled Defining Vocabulary in <i>Longman Dictionary of Contemporary English</i>

  • Hai Xu Centre for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
Trefwoorden: beperkte definisiewoordeskat, longman definisiewoordeskat, grootte, omvang, frekwensie, betekenisaanduiding, woordsoortaanduiding, insluiting van affikse, insluiting van meerwoordige uitdrukkings

Samenvatting

'n Beoordeling van die beperkte definisiewoordeskat in die Longman Dictionary of Contemporary English. In hierdie artikel word 'n kritiese ontleding gedoen van die Longman Definisiewoordeskat (LDW) met betrekking tot die grootte, omvang en frekwensie, betekenisse, woordsoorte, affikse en meerwoordige uitdrukkings daarvan. Die onlangse weergawes van die LDW bevat 'n relatief vaste aantal items. Daar is bevind dat meer as 85% van hierdie items 'n hoë frekwensie het, en dat genusterme, grammatiese terme, ens., ook ingesluit is vir die doeleindes van definiëring. Die aantal affikse in die LDW is grootliks verminder, en sommige algemene afleidings is apart gelys. Aan die ander kant was die werklike grootte van die LDW baie groter as wat aangedui is, aangesien LDOCE nie onderskei het tussen die LDW-items met verskillende betekenisse of vorms nie. Daar is bevind dat die bewering dat die 'algemeenste betekenisse' van die LDW-items gebruik is, nie altyd gegeld het nie. Die woordsoorte van die LDW-items is nie sistematies aangedui nie. Baie meerwoordige uitdrukkings wat in die definisies van LDOCE gebruik is, vorm nie deel van die LDW nie. Hierdie studie werp lig op die verbetering in die gebruik van 'n beperkte definisiewoordeskat in 'n Engelse aanleerderswoordeboek.
Gepubliceerd
2012-11-23
Citeerhulp
Xu, H. (2012). A Critique of the Controlled Defining Vocabulary in <i>Longman Dictionary of Contemporary English</i&gt;. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1013
Sectie
Artikels/Articles