A Study of the Use of the <i>HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek</i> by Primary School Children

  • Michele F. van der Merwe Department Curriculum studies: Afrikaans, Faculty of Education, University of Stellenbosch, Stellenbosch
Trefwoorden: laerskoolleerders, taalonderwysers, assessering, woordeboekvaardighede, taalonderriguitkomste, afrikaans huistaalkurrikulum, woordeboekfunksies, skoolwoordeboek, spelling, lees, ontwerpgebaseerde navorsing, leerekologie, semantiese inligting

Samenvatting

'n Studie van die gebruik van die HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek deur laerskoolleerders. 'n Navorsingsprojek oor die gebruik van die HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek deur laerskoolleerders word beskryf. (Die term leerder word in Suid-Afrika gebruik om na skoolleerlinge te verwys). Navorsing oor die manier waarop leerders woordeboeke gebruik, verskaf waardevolle inligting vir leksikograwe sowel as vir taalonderwysers. 'n Assessering van gebruikersvaardighede t.o.v. die gebruik van die HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek is in die leerders se moedertaal gedoen. Die leeruitkomste van die graad 4-kurrikulum vir Afrikaans as huistaal is ontleed om 'n toets op te stel om woordeboekvaardighede rakende taalonderriguitkomste van graad 4-leerders te assesseer. Die proses het in samewerking met graad 4-onderwysers geskied, om te verseker dat 'n realistiese assessering van woordeboekvaardighede plaasvind. Assessering van die woordeboekvaardighede van 200 leerders is uitgevoer. Die assesserings is gemerk, punte is bereken en resultate is ontleed. Onderwysers het opleiding ontvang in die onderrig van woordeboekvaardighede, en ook in die onderrig van taalvaardighede. Leerders het spesifieke onderrig ontvang om semantiese inligting in 'n woordeboek te ontsluit, aangesien dit, volgens die uitslae van die assessering, die moeilikste vaardigheid was om te bemeester. Sleutelwoorde: laerskoolleerders; taalonderwysers; assessering; woordeboekvaardighede; taalonderriguitkomste; afrikaans huistaalkurrikulum; woordeboekfunksies; skoolwoordeboek; spelling; lees; ontwerpgebaseerde navorsing; leerekologie; semantiese inligting
Gepubliceerd
2012-11-23
Citeerhulp
van der Merwe, M. F. (2012). A Study of the Use of the <i>HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek</i&gt; by Primary School Children. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1012
Sectie
Artikels/Articles