School Dictionaries for First-Language Learners

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa, and Centre for Lexicography, Aarhus School of Business and Social Sciences, University of Aarhus, Denmark
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: betekenisparafrase, eerste taal, kinderwoordeboek, leerder, leksikografie, leksikografiese behoeftes, leksikografiese funksies, moedertaal, skoolwoordeboek, woordeboekkultuur

Samenvatting

Skoolwoordeboeke vir eerstetaalleerders.Met inagneming van die dubbelsinnigheid van terme soos skoolwoordeboek, kinderwoordeboek, eerste taal, moedertaal kies hierdie artikel vir 'n spesifieke gebruik van die terme skoolwoordeboek, eerste taal en leerder. Die fokus is op verskeie probleme in hierdie woordeboeke. Die tipiese funksies van hierdie woordeboeke word bespreek met verwysing na die leksikografiese behoeftes van eerstetaalleerders. Na aanleiding van 'n paar bestaande woordeboeke word voorstelle gemaak vir die opname en aanbieding van sekere datatipes. Die belang van natuurlike taal in die betekenisparafrases word bespreek. Dit word beklemtoon dat leksikograwe ook onderwysers en kurrikulumdeskundiges moet raadpleeg wanneer skoolwoordeboeke beplan word en dat die graad en ouderdom van die teikengebruiker in ag geneem moet word. Die doel van hierdie artikel is nie om finale oplossings te gee vir die bestaande probleme nie maar eerder om aan te beveel dat sekere faktore — of veranderlikes — in ag geneem moet word wanneer skoolwoordeboeke beplan word. In hierdie verband word 'n paar vrae geformuleer waarop antwoorde gevind moet word wanneer beplanning gedoen word vir die daarstel van skoolwoordeboeke.
Gepubliceerd
2012-11-23
Citeerhulp
Tarp, S., & Gouws, R. H. (2012). School Dictionaries for First-Language Learners. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1011
Sectie
Artikels/Articles