Do We Need a (New) Theory of Lexicography?

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa and Centre for Lexicography, Aarhus University, Denmark
Trefwoorden: leksikografie, leksikografieteorie, konsep van leksikografieteorie, funksieteorie, akademiese status van die leksikografie, interdissiplinêre leksikografieberoep, woordeboeke, raadplegingshulpmiddels, inligtingswetenskap

Samenvatting

Bestaan daar 'n behoefte aan 'n (nuwe) leksikografieteorie? Tydens die huidige oorgang van gedrukte na elektroniese woordeboeke is die vraag geopper of ons 'n nuwe leksikografieteorie benodig wat die ontwerp en produksie van leksikografiese e-gereedskap kan rig en of ons die teorieë wat reeds ontwikkel is tydens die era van gedrukte werke kan gebruik. Om hierdie vraag te beantwoord bespreek die artikel eerstens die vraag of 'n leksikografieteorie bestaan en of dit enigsins moontlik of selfs wenslik is. Dit toon dat die verskillende benaderings tot hierdie kwessie hoofsaaklik te danke is aan die feit dat die hele konsep van teorie wyd binne leksikografiese kringe betwis word. Kortliks word die Angel-Saksiese akademiese tradisie bespreek waarvolgens die wetenskap slegs betrekking het op natuurlike verskynsels en waar alle ander verskynsels binne  die sfeer van die kunste en vaardighede val. Dit toon ook dat hierdie tradisie in groot teenstelling is met die tradisies in ander dele van die wêreld. Vanuit hierdie vertrekpunt toon die artikel dat 'n leksikografieteorie nie alleen moontlik is nie, maar dat verskeie hoogs nuttige teorieë reeds bestaan. Ten slotte word beweer dat hierdie teorieë, veral dié wat nie net fokus op die gedrukte woordeboekvorm nie, nie verwerp behoort te word nie, maar verder uitgebrei en verbeter moet word in noue wisselwerking tussen die leksikografie en ander raadplegingsvakrigtings binne die breë veld van die inligtingswetenskap.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Tarp, S. (2012). Do We Need a (New) Theory of Lexicography?. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1010
Sectie
Artikels/Articles