The Role of Syntactic Class, Frequency, and Word Order in Looking up English Multi-Word Expressions

  • Robert Lew Department of Lexicography and Lexicology, Faculty of English, Adam Mickiewicz University in Poznań, Poland
Trefwoorden: meerwoordige uitdrukking, mwe, meerwoordige eenheid, meerwoordige item, woordeboek, woordeboekraadpleging, woordeboektoegang, leksikografie, engelse taal, poolse aanleerders

Samenvatting

Die rol wat sintaktiese kategorie, frekwensie en woordorde speel in die naslaan van Engelse meerwoordige uitdrukkings.Meerwoordige leksikale items, soos samestellings en idiome, is dikwels problematies vir leksikograwe. Woordeboeke word tradisioneel gerangskik om enkele ortografiese woorde, en dus ontstaan die vraag waar sulke komplekse leksikale items geplaas moet word. Die gebruikersvriendelike antwoord sou wees om hulle primêr in te sluit onder die woord wat gebruikers gewoonlik eerste sou naslaan. Maar hoe weet ons watter woorde gewoonlik nageslaan word? Die huidige studie spreek hierdie vraag aan deur die rol te ondersoek wat die woordsoort, woordfrekwensie, en woordposisie speel om Poolse aanleerders van Engels se besluite te rig oor watter woord om binne 'n meerwoordige uitdrukking in die woordeboek na te slaan. Daar is gevind dat die woordfrekwensie die sterkste voorspeller is, met minder gebruiklike woorde wat 'n beduidend groter kans het om vir naslaan gekies te word. Dan is daar 'n onafhanklike voorkeur wat verband hou met die woordsoort vir selfstandige naamwoorde, met byvoeglike naamwoorde in die tweede plek, gevolg deur werkwoorde in die derde plek. Woorde wat behoort tot die oorblywende sintaktiese kategorieë (bywoorde, voorsetsels, voegwoorde, bepalers en voornaamwoorde) word skaars opgesoek. Woordplasing binne die meerwoordige uitdrukking skyn egter nie baie saak te maak nie. Hierdie studie het implikasies vir woordeboekmakers wanneer hulle oorweeg hoe om meerwoordige uitdrukkings te lys.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Lew, R. (2012). The Role of Syntactic Class, Frequency, and Word Order in Looking up English Multi-Word Expressions. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1006
Sectie
Artikels/Articles