Challenges of Predictability and Consistency in the First Comprehensive Sotho Dictionary

  • Inge Kosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: voorspelbaarheid, konsekwentheid, omvattende woordeboek, sothotale, woordeboekgebruiker, lemmatiseringstrategie, kruisverwysings, alfabetisering, woordlemmatisering, stamlemmatisering, datakategorieë

Samenvatting

Uitdagings van Voorspelbaarheid en Konsekwentheid in die Eerste Omvattende Sothowoordeboek.Voorspelbaarheid en konsekwentheid is vereistes wat soos 'n goue draad deur die makro-, medio-, sowel as die mikrostruktuur van woordeboekartikels behoort te loop. Nakoming van hierdie vereistes is een van die kenmerke van 'n gebruikersvriendelike naslaanbron wat maklike en probleemvrye toegang tot verlangde inligting sal verleen. Die doelwit van hierdie artikel is om enkele eienskappe van Endemann (1911) se Wörterbuch der Sotho-Sprache (Woordeboek van die Sothotaal) te ondersoek met die klem op uitdagings betreffende voorspelbaarheid en konsekwentheid in die lemmatiseringsbenadering, die toegangsalfabet, kruisverwysings en beskrywing van artikels. Die woordeboek lê buite die kollig van wetenskaplike navorsing, een van die redes synde die feit dat die teikentaal Duits is en dat dit as sulks nie geredelik toeganklik is vir elke Bantoetaalkundige nie. 'n Verdere rede is dat dit gemik is op vakkundiges eerder as die gewone publiek en hoë vereistes stel aan die naslaanvaardighede van die gebruiker. Hierdie vroeë poging tot woordeboeksamestelling bied 'n aantal interessante insigte en die tekortkominge kan op hul beurt weer dien as vertrekpunt vir voortdurende verbetering van toegangroetes en gebruikersvriendelikheid van woordeboeke in die Sothotale.
Gepubliceerd
2012-11-22
Citeerhulp
Kosch, I. (2012). Challenges of Predictability and Consistency in the First Comprehensive Sotho Dictionary. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-1005
Sectie
Artikels/Articles